Free Essay

Die Week Wat Alles Verander Het

In:

Submitted By kikibothma
Words 2110
Pages 9
DIE WEEK WAT ALLES VERANDER HET

Die meeste Christengelowiges herdenk die gebeure gewoonlik van die Vrydag af. Goeie Vrydag noem hulle dit. Maar in werklikheid het dit oorspronklik reeds die Woensdag gebeur. Nie dat dit soveel saak maak nie, want dit is mos maar net 'n dag waarop ons dieselfde gebeure herdenk. En dit is immers die gebeure waaroor dit alles gaan...

Hierdie week bied volgelinge van Jesus die Christus oor die wêreld net weer die geleentheid en voorreg om saam met ander familielede en ander Christengelowiges stil te word rondom 'n week se gebeure in Jesus se lewe wat elkeen van ons se lewens verander het. Eintlik het dit die totale geskiedenis van die hele wêreld verander, al verstaan sowat twee-derdes van die wêreld se bevolking dit nog nie.

DIE SONDAG

Voor ek met jou gesels oor daardie Woensdag se gebeure, kom ons begin in ons nadenke reeds by die Sondag se gebeure. Palmsondag, soos daarna in die kerklike wêreld verwys word.

Dit was die dag waarvan Lukas 19 en Johannes 12:12 en verder ons vertel. Jesus het Jerusalem, die stad van koning Dawid, binnegery op 'n donkie. Soos voor 'n koning van destyds, het die skare klere en palmtakke voor hom neergegooi om aan Hom eer te betoon as die koning uit die geslag van Dawid. Alles presies soos die profesieë - soos Sag. 9:9 en Dan. 9:25 -27 - eeue tevore voorspel het sou gebeur.

Volgens Eksodus 12 moes die lam vir die Pasga wat later die week gevier sou word, gekies word op die tiende van die eerste maand van die jaar. Volgens die gebruik in Jesus se tyd, was alleenlik lammetjies van Bethlehem geskik geag om as 'n lam vir die Pasgaviering te dien. Daarom, op daardie spesifieke Sondag, is 'n lam wat gebore is in die Bethlehem-distrik gekies en in Jerusalem ingebring van die Olyfberg se kant af deur die Skaappoort. Presies dieselfde pad wat Jesus die betrokke Sondag Jerusalem binnegekom het op Sy triomftog.

Soos wat Hy ingekom het, het die mense geskreeu: Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here! Red ons, Seun van Dawid! So is Jesus uit Nasaret met groot akklamasie aangewys as die langverwagte Messias van Israel en het die skare hulle lam vir die Pasga gekies!

Die lam moes eers deur die geestelike leiers ondersoek word, want - leer die Torah - dit moes sonder gebrek en vlekloos wees om geskik te wees om as lam vir die Pasga geslag te word. Daarom lees ons ook hoe Jesus, na Sy intog in Jerusalem in, eers na die tempel toe gegaan het om daar te leer. Terwyl Hy daar was het die Fariseërs, Sadduseërs en ander wetsgeleerdes gekom en met allerhande moeilike vrae Hom probeer uitvang en as 'n leuenaar probeer uitwys. Maar hulle kon geen fout by Hom vind nie.

Dit alles het gebeur, volgens ons beste navorsing, op 6 April 32 n.C. - gebaseer op die ou Julius Kalender (of sogenaamde "maan-kalender") en nie die huidige Gregoriese kalender (wat sedert 1582 gevolg word en wat gebaseer is op die beweging van die son) nie.

DIE MAANDAG

Die Maandag van die week waarin die pasga gevier moes word, moes elke vorm van gis as simbool van kwaad uit elke Joodse huis verwyder word volgens die instruksies van die Torah. Daarom het elke Joodse moeder met 'n kers in haar huis rondgesoek vir enige vorm daarvan.

Daarom het Jesus juis daardie Maandag na die tempel as huis van God gegaan en toe al die geldwisselaars daar uitgejaag (Luk. 19:45 e.v.).

DIE DINSDAGAAND

Omdat Jesus en sy dissipels nie in Jerusalem self was nie maar in Betanië, 'n klein dorpie net buite Jerusalem, was dit toelaatbaar dat hulle 'n dag vooraf die voorbereiding kon doen en die Pasgamaal kon vier. (Lukas 22:14 e.v., Matteus 26:17-35 en Johannes 13:36-38 vertel ons daarvan).

Later daardie aand word Jesus gevange geneem in die tuin van Getsemane, wat lê op die pad van Betanië na Jerusalem toe (Mat. 26:36-46; Luk. 22:39-53).

DAARDIE WEEK HET TWEE SABBATTE GEHAD

Dit is baie belangrik om te onthou dat die week waarin die Pasga gevier is soms twee Sabbatte kon hê as die Pasga êrens in die middel van die week val. Die jaar 32 n.C., volgens die Joodse kalender, was juis so 'n jaar. Daarom vind ons dan dat hulle in so 'n week 'n spesiale Sabbat die dag na die Pasgamaal die vorige aand gevier het, want volgens die Joodse feeskalender word die eerste dag van die "fees van die ongesuurde brood" as 'n Sabbat gevier.

Later die week word die gewone Sabbat soos gewoonlik op die sewende dag van die week gevier.

Soos ek gesê het, die week toe Jesus gekruisig is, was dit juis so.

Kom ek begin om in die lig hiervan vir jou die res van die gebeure daardie week kronologies te plaas.

DIE WOENSDAGOGGEND OM 06H00

Volgens die Joodse kalender daardie betrokke jaar (32 n.C.) moes die "dag van voorbereiding" met die oog op die Pasgamaal daardie Woensdag, 9 April , voor 18h00 plaasvind.

Jesus, ons volmaakte Pasgalam sonder gebrek, moes voorberei word om geslag te word en te sterf in ons plek. Alles gebeur daardie Woensdagoggend reeds om 06h00 toe Jesus deur Pilatus verhoor en gevonnis is (Joh. 19:13-16).

DIE WOENSDAGOGGEND OM 09H00

Gelyktydig met die gebeure in die tempel daar in Jerusalem, toe die Hoëpriester die gekose lam vir die betrokke Pasga vasgemaak het aan die horings van die altaar, op die veertiende dag van die Joodse maand, Nissan, word Jesus op Golgota vasgespyker aan 'n kruis 09h00 daardie Woensdagoggend.

15H00, DAARDIE WOENSDAGMIDDAG

Na 'n skielike sonsverduistering van drie ure van 12h00 daardie middag af, gelyktydig met die tyd wat die lam in die tempel keelaf gesny en geslag word (volgens Eksodus 12:6), sterf Jesus 15h00 daardie Woensdagmiddag (Mat. 27:45 e.v.). Na drie ure van "hel" kon Hy sê: "Dit is volbring" en Sy asem finaal uitblaas.

Alles wat nodig was om te gebeur om sondevergiffenis moontlik te maak was gedaan. Die oorwinning is behaal en daarom kon Hy met vrede Sy lewe oorgee aan die Vader.

Nou kan ek en jy in geloof met vrymoedigheid en sekerheid sê: Ek is deur die Bloed van die Lam uit die hande van die vyand verlos!

Maar op daardie oomblik in die geskiedenis het selfs baie meer as dit gebeur.

Matteus vertel ons daarvan in hoofstuk 27 vers 51 en verder.

Dit was asof God die Vader uit die hemel die mense van destyds wou help om te verstaan dat wat hier gebeur het van kardinale belang was. Die geskiedenis van die wêreld het werklik met hierdie gebeure verander!

Om die kollig voluit te laat val op presies wat op daardie oomblik gebeur het, neem God met Sy eie hande die heiligste van heiligste voorwerpe vir die Jood van destyds, naamlik die dik gordyn wat die Heilige van die Allerheiligste in die tempel geskei het, en skeur dit van bo na onder! Daardie gordyn waardeur die hoëpriester net eenmaal per jaar kon stap na die Allerheiligste gedeelte toe! Skielik was daar geen skeiding na waar God in Sy heilige teenwoordigheid self gesit en wag het om met Sy mense te praat nie.

Om verder te beklemtoon wat hier gebeur het, gebruik God as't ware alles wat Hy het om die gemeenskap vir weke en jare aan die praat te hou oor hierdie gebeure. Skielik was daar 'n aardbewing wat grafte laat oopgaan het. Gelowiges wat die afgelope tyd gesterf en begrawe is, het skielik lewend uit die grafte gekom en in die strate van Jerusalem begin rondstap vir almal om te sien en mee te gesels!

Dit was asof God hiermee wou sê: Hierdie is 'n totaal nuwe begin. Die ou verbond met al sy dinge is verby. 'n Nuwe verhouding met My is nou moontlik.

Alles waaraan die Ou Verbond, met al sy feeste en wette, julle wou herinner en soos padwysers julle na My toe wou lei, is nou alles hier. Dit het sy doel gedien. Voortaan sal die wette net dien om ongelowiges te oortuig dat hulle sondaars en totaal verlore is. Om hulle so finaal te herinner aan Jesus Christus wat gekom het as die Messias en Lam van God, wat juis hierdie week moes sterf soos die paaslam al die vorige jare.

VROEGAAND, VOOR 18H00, DAARDIE WOENSDAG

Met die Pasgaviering wat na 18h00 moes plaasvind en die sabbatsrus wat voorlê, moes die gelowige volgelinge van Jesus Sy liggaam van die kruis afhaal en gaan neerlê in die graf wat Josef van Arimatea daarvoor geskenk het. Markus 15:42 en verder vertel ons daarvan. (Moenie verlei word deur die Nuwe Afrikaanse vertaling van "Dit was Vrydag" nie. Dit staan nie in die Grieks nie. Gaan lees maar in die 1953-Afrikaanse vertaling of in die NIV wat presies in die oorspronklike Grieks staan).

DRIE DAE IN DIE GRAF

Volgens die Skrif en die profesieë sou Jesus drie dae en drie nagte in die graf wees.

Hy was dus daardie spesiale Sabbat (of eerste dag van die "fees van die ongesuurde brood") daar - wat gestrek het van die Woensdagaand 18:00 tot Donderdagaand 18:00); gevolg deur die Vrydag (wat gestrek het van die Donderdagaand 18h00 tot die Vrydagaand 18h00); en dan ook vir die normale Joodse Sabbat (van die Vrydagaand 18:00 tot die Saterdagaand 18:00).

HY HET OPGESTAAN

Vroeg daardie Saterdagaand na 18:00, met die aanbreek van die Joodse eerste dag van die week, staan Jesus uit die dood op na drie dae in die graf. Presies hoe laat dit was, weet ons nie, want dit word nie vir ons gesê nie.

Jesus het immers self profeties verklaar dat Hy gekruisig gaan word, gaan sterf, vir drie dae in die graf gaan wees en dan weer gaan opstaan.

So kom talle ander profetiese gedeeltes ook hiermee in vervulling, naamlik Hos. 6:1,2 en die teken van Jona (Mat. 12:40).

Daardie Saterdagaand het die priester, volgens die Joodse feeskalender, ook die "eersteling-gerf" van die oes voor God gewuif om so die nuwe oes aan God te wy (Lev. 23:10-11). Daarom word die opgestane Jesus ook die "eersteling' daar in 1 Kor. 15:20-23 genoem word.

VROEG DIE SONDAGMÔRE

Vroeg daardie Sondagmôre, 12 April 32 n.C., ontdek Maria Magdalena en die ander Maria, en later ook van die ander dissipels, dat Jesus Christus opgestaan het soos Hyself gesê het gaan gebeur (Mat. 28:1 e.v.).

Daarom kan ons saam met die gelowiges oor die eeue sê: Halleluja, ons dien waarlik 'n lewende Here! (1 Kor. 15). Jesus Christus het werklik opgestaan en Hy lewe.

Anders as alle figure wat in ander godsdienste aanbid word, dien ons 'n lewende, opgestane Here. As Hy nie werklik opgestaan het nie, was ons geloof as Christengelowiges tevergeefs.

SKIELIK WORD DIT DIE WEEK WAT DIE GESKIEDENIS VAN DIE WÊRELD VERANDER HET

Wie stil staan by die realiteite van hierdie week se gebeure, kan nie anders as om vir die eerste keer of by hernuwing oor Jesus en wie Hy werklik was na te dink nie.

Wie was Jesus van Nasaret werklik? Was Hy net 'n doodgewone mens wat van 11 September 3 v.C. tot 9 April 32 n.C. gelewe het? Wat dan van al die merkwaardige dinge wat Hy gesê het en wat Hy gedoen het? Wat van die feit dat alles wat Hy selfs oor Sy dood gesê het presies so gebeur het? Hy het selfs gesê dat Hy na drie dae sou opstaan uit die dood...

Was Hy maar net 'n buitengewone man, of profeet, soos sommige Hom wil beskryf?

Dit kan mos nie wees as die gebeure werklik so gebeur het soos ek jou vertel het nie.

As Hy nie werklik uit die dood opgestaan het nie, was Hy 'n leuenaar en kon Hy nie werklik 'n ware profeet wees nie. Wat boonop nog van die feit dat Hy aanspraak daarop gemaak het dat Hy God is wat mens geword het!

Wie werklik erns maak en eerlik wil wees in die lig van die feite, kan nie net sê Hy was 'n buitengewone goeie man of profeet nie. Óf Hy was die grootste leuenaar en psigopaat wat nog oooit geleef het, óf Hy was wie Hy gesê het Hy is, naamlik God wat mens kom word het om ons finaal te verlos.

Dan was Hy werklik die Verlosser wat gekom het sodat elkeen wat in Hom glo, lewe kan hê en dit in oorvloed.

Similar Documents

Free Essay

Gevallestudie Gesondheidsbevordering

...Bergruimte is ‘n publieke skool wat in een van Johannesburg se voorstede geleë is. Hierdie skool ondervind baie uitdagings en probleme. ‘n Volledige gevallestudie sal oor die skool gegee word en vier hoofprobleme wat in die skool gevind word sal verduidelik word. Daarna sal ‘n voorkeur situasie vanuit ‘n gesondheidsbevorderende perspektief verduidelik word en aksiestappe om by die voorkeur situasie uit te kom sal beskryf word. 2. VOLLEDIGE GEVALLESTUDIE Hoërskool Bergruimte is ‘n publieke hoërskool wat in ‘n voorstad van Johannesburg geleë is. Dit is ‘n groot skool met sowat 1300 leerders en 80 onderwysers (admin- en ander personeel uitgesluit). Die klasse is klein met ongeveer 13-20 leerders per onderwyser. Onderwysers kan dus aandag aan elke leerder in hulle klas gee. Tog bestaan daar baie probleme en uitdagings in Hoërskool Bergruimte. Die skool was ses jaar gelede nog as een van die top 10 (agtste) skole in Gauteng gesien, maar onder leiding van ‘n nuwe hoof het dinge geleidelik begin agteruitgaan en die skool is nou 32ste in die provinsie. Die probleme en uitdagings wat bespreek sal word kan nie almal aan swak leierskap toegeskryf nie, maar dit dra verseker daartoe by. ‘n Groot probleem in die skool is dat onderwysers onder mekaar baklei en daar word baie agter mekaar se rûe gepraat. Daar is onderwysers wat al meer as 25 jaar by die skool skoolhou en hulle wil nie verandering aanvaar nie. Die bestuur van die skool word dus nog op die ou manier gedoen. Hierdie...

Words: 6322 - Pages: 26

Free Essay

Master of Science

...product gewild te maken. Je werkt in een commercieel bedrijf met consumentenproducten of producten voor andere bedrijven. Soms zijn de taken van de marketing manager en die van de communicatiemanager gecombineerd en ben je bijvoorbeeld hoofd marketing en communicatie. Ook een combinatie met sales management is niet ongebruikelijk. Wat doet een marketing manager? 1. Blijft op de hoogte van ontwikkelingen in de markt Als marketing manager ben je eigenlijk continu bezig met het bedenken van wat klanten van de producten, het merk en bedrijf vinden en wat ze eventueel nog meer willen. Veel gegevens over de klant zijn binnen het bedrijf zelf al bekend. Bijvoorbeeld klant- en aankoopgegevens, registraties van klachten en eventueel suggesties van de klant. Deze worden door de verkopers in een database gezet. Als het gaat om gegevens over de markt, schakel je meestal een andere partij in, zoals een marktonderzoekbureau. Nadat de opdracht duidelijk geformuleerd is, gaan zij voor jou aan de slag. Bij nieuwe producten kies je voor een diepgaand kwalitatief onderzoek. Het marketingbureau laat bijvoorbeeld een groep mensen kennismaken met een product. Vervolgens vragen onderzoekers hen de oren van het hoofd over wat ze ervan vinden, welke associaties (verbanden met ander producten) ze erbij hebben en of ze het zouden kopen. Bij het bepalen van welke vragen er worden gesteld, heb jij een stevige vinger in de pap als opdrachtgever. Natuurlijk krijg je een rapport met de antwoorden op je vragen...

Words: 2144 - Pages: 9

Free Essay

Juri 226

... | |VAALDRIEHOEKKAMPUS | Studiegids saamgestel deur: Prof GJ Pienaar Hersien deur: Dr W Erlank Taalsorg nn. + Bladuitleg deur Elsabe Strydom, Graphikos. Hantering van drukwerk en verspreiding deur Departement Logistiek (Verspreidingsentrum). Gedruk deur Ivyline Technologies 018 293 0715/6 Kopiereg ( 2013-uitgawe. Hersieningsdatum 2014. Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus. Geen gedeelte van hierdie boek mag in enige vorm of op enige manier sonder skriftelike toestemming van die publiseerders weergegee word nie. INHOUDSOPGAWE Formele besonderhede iv Dosente iv Kursusinhoud v Module plan v Werkswyse vi Toetse en eksamen vi Evaluering vii Studie-ikone vii Aksiewerkwoorde viii Module-uitkomste en assesseringskriteria xiii Voorgeskrewe literatuur xiii eFundi xiv Skematiese werkprogram xvii Studiewenke xviii Waarskuwing teen plagiaat xix Leereenheid 1 Inleiding en begripsomskrywings 1 Leergedeelte 1.1 Omvang, bronne en begripsomskrywings 2 Leergedeelte 1.2 Sake as regsobjekte 4 Leergedeelte 1.3 Regte in eiendom, saaklike regte en vorderingsregte 7 Leereenheid 2 Eiendomsreg 9 Leergedeelte 2.1 Eiendom en...

Words: 11338 - Pages: 46

Free Essay

Man's Role in Society

...24 April 2013 Beste / Dear ……………………………. Review of the 2012/2013 season What a wonderful season full of excellent performances and huge surprises! It is a huge honour for me to be able to review the past season. On 28 and 29 April 2012 Ané Fourie and Angus Julies travelled to Windhoek, Namibia as part of the ASA Junior Team to compete at the CCA Southern Region Junior Championships. Both Ané and Angus returned from the Championships with two gold medals: Ané 400mHurdles & 4x400m Relay and Angus 110mHurdles & 4x100m Relay. After these excellent performances it came as no surprise when it was announced that both Ané and Angus were selected to the ASA Junior Team to compete at the IAAF Junior Championships in Barcelona in July 2012. At the World Junior Championships Ané and Angus struggled and didn’t reach the finals of their individual events. Ané and her 4x400m Relay team finished 9th in the final of the event. Although they didn’t perform as planned at the Championships, I believe they learnt a lot about international competitions and I think it made them enthusiastic about their athletics futures. Tiaan Smit was selected to the ASA Youth Team to compete at the CCA Southern Region Youth Championships in Zimbabwe in May 2012. Tiaan trained hard for the Championships but unfortunately a few days before the event all the hurdles athletes in the South-African team were advised that all the hurdles events had been cancelled due to insufficient entries...

Words: 7396 - Pages: 30