Free Essay

Ged101T Assignment 01

In:

Submitted By Ronel05
Words 1453
Pages 6
GED101T

Werksopdrag 01

INHOUDSOPGAWE

1. Fases van menslike ontwikkeling. P 3 - 5

a) Fases van ontwikkeling volgens Erik Erikson

b) Psigososiale ontwikkeling gedurende stadia van menslike ontwikkeling. 2. Verskillende domeine van menslike ontwikkeling P5 - 7 a) Die verskillende domeine b) Kognitiewe ontwikkeling van die baba c) Die sosiale ontwikkeling in die vroeë kinderjare d) Die emosionele ontwikkeling in die middelkinderjare

3. Kinder verwaarlosing en molestering P 7 - 10

I. Koerantberig II. Langtermyngevolge III. Omstandighede waaronder dit plaasvind IV. Gemeenskap – bekamping

4. Bibliografie P 11

3

VRAAG1.

a) Fases van ontwikkeling volgens Erik Erikson:

• Fase 1: Basiese vertroue teenoor wantroue. Hierdie fase is oor ‘n kind se eerste lewensjaar, dit behels die mate van vertroue wat ‘n kind ontwikkel. Dit hang grootendeels af van die ma – kind verhouding. As kinders genoeg liefde, aandag en daar in hul behoeftes voosien word – ontwikkel hoop en vertroue vir hulself en ander. • Fase 2: Outonomie teenoor skaamte en twyfel.

Hierdie fase kom in ‘n kind se tweede lewensjaar voor. Dit behels spierontwikkeling, bv. Die uitskeiding van urine en die inhou daarvan. As hul dit suksesvol kan doen, ontwikkel hul ‘n gevoel van outonomie, maar as dit nie geslaagd is nie ontwillel ‘n gevoel van skaamte en twyfel. • Fase 3: Inisiatief teenoor skuld. Hierdie fase is tussen driejarige en sesjarige ouderdom. Dit behels ‘n kind se vermoë om selfstandig te wees en om self onisiatief te nee mom hul selfstandigheid te bewys. Kinders ontwikkel ook die vermoë om skuldig te voel. • Fase 4: Arbeidsaamheid teenoor minderwaardigheid. Hierdie fase strek vavaf sesjarige tot twaalfjarige ouderdom, en behels die erkinning wat kinders ontvang vir hul vermoëns soos bv. lees en tel. Hul

4. ontwikkel dus ‘n gevoel van bekwaamheid. As hul nie die vaardighede kan aanleer en erkening kry nie, ontwikkel ‘n minderwaardigheids gevoel. • Fase 5: Identiteit teenoor identiteitsverwarring. Hierdie fase is vanaf puberteit tot volwassenheid. Dit behels die soeke na identitet (soos Erikson dit noem). • Fase 6: intimiteit teenoor isolasie. Hierdie fase is in die vroeHierdie fase is in die vroeë volwassenheid. Dit behels dat as hul fase 5 suksesvol voltooi het, hul die vermoë ontwikkel om liefde te gee en te ontvang. Die teenoorgestelde is waar indien fase 5 onsuksesvol was. • Fase 7: Generatiwiteit teenoor stagnasie. Hierdie fase is vanaf 25–jarige ouderdom tot 65–jarige ouderdom. Dit behels die vermoë om nuwe dinge te doen en dit wat reeds bestaan aan die volgende geslag oor te dra. Dus ontwikkel sorgsaamheid, as dit nie plaasvind nie stagneer mense en word selfbehep. • Fase 8: integriteit teenoor wanhoop en vertwyfeling. Hierdie laaste fase is tussen 60–jarige en 70-jarige ouderdom. As al die vorige fases suksesvol was ontwikkel ‘n mens ‘n gevoel van tevredenheid, Erikson noem dit wysheid. Indien van die vorige fases onsuksesvol was ontwikkel ‘n gevoel van wanhoop en vertwyfeling.

5.

b) Psigososiale ontwikkeling gedurende stadia van menslike ontwikkeling. i. Babajare (0 – 2 jaar) is fase 1: basiese vertroue versus wantroue asook fase 2: outonomie versus skaamte en twyfel. ii. Vroeë kinderjare (2-6 jaar) is fase 2: outonomie versus skaamte en twyfel en fase 3: inisiatief versus skuld. iii. Middelkinderjare (6-12 jaar) is fase 3: inisiatief versus skuld en fase 4: arbeidsaamheid versus minderwaardigheid. iv. Adolessensie (12-18 jaar) is fase 4: arbeidsaamheid versus minderwaardigheid en fase 5: identiteit versus identiteitsverwarring. v. Volwassenheid is fase 6: intimiteit versus isolasie, fase 7: generatiwiteit versus stagnasie en fase 8: integriteit versus wanhoop en vertwyfeling.

VRAAG 2.

a) Verskillende dommeine • Fisieke ontwikkeling • Kognitiewe ontwikkeling • Psigososiale ontwikkeling • Konatiewe ontwikkeling • Morele ontwikkeling
6.

b) kognitiewe ontwikkeling van baba (0-2 jaar) Dis die senso-motoriese denkfase. ‘n Belangrike ontwikkelingstaak van hierdie fase is ‘n baba se vermoë om bewustelike en onbewustelik dinge n ate boots. Asook die herhaling daarvan soos bv om handjies klap te speel. In hierdie fase moet hul gedurig die geleentheid kry om deur dit wat hul sien, hoor, voel, ruik en proe te leer.

c) Sosiale ontwikkeling in die vroeë kinderjare

In hiedie ontwikkeling begin kinders uiting gee aan fantasiespel. Kinders begin die behoefte ontwikkel om met maats te speel. Met fantasiespel gee ‘n kind uitdrukking aan hoe hulle hul leefwêreld ervaar en ook hoe hulle hul verbeel dit is of moet wees. Kinders is bewus as hul fantaseer, hul kan onderskeid tref tussen die werklikheid en fantasie.

d) Emosionele ontwikkeling van ‘n kind met betrekking tot woede en aggressie in die middelkinderjare. In die middelkinderjare leer kinders selfstandigheid en onafhanklikheid, emosionele buigsaamheid en emosionele differensiasie. Kinders in die middelkinderjare openbaar woede op ‘n geïrriteerde manier deur negatief, 7.

skoorsoekerig, nukkerig en nors te wees. Hantee hierdie gedrag met oorleg: jy moet eerstens deur jou gedrag toon wat die regte optrede is vir aggressie en woede, tweedens help kinders om hul vrese en probleme met jou te kom bespreek, moet ook nie sulke gedrag van woede en aggressie aanmoedig nie, en laastens help ‘n kind deur discipline en ook deur die oorsaak daarvan aan te spreek.

Vraag 3: Kinderverwaarlosing en molestering. i. Koerantberig Nuus 24.com Rugby | Krieket | Sokker | Ander
Markte | Ekonomie | Opinie
Rubrieke
Briewe | Stories
Foto's
Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sondag
Drienasies | 2010

Ma los baba in toilet agter

2009-11-11

Durban - ‘n Vrou van Durban het haar twee dag oue babaseun met ‘n vreemdeling in ‘n openbare toilet agtergelaat, het die polisie van KwaZulu-Natal gesê.

"Die vrou het Dinsdagmiddag na bewering ‘n ander vrou gevra om vir ‘n paar minute lank na haar baba te kyk.

"Hulle het die openbare toilet in Warwick Junction gebruik.

"Die vrou het verdwyn en haar baba met die vreemde vrou gelos,” het kapt. Khephu Ndlovu gesê.

Die polisie is tans besig om na die vrou te soek.

- Sapa
8.
Die Burger

Kind soos hond aan tafel vasgemaak

2009-11-25 o Jou selfoon o Jou Facebook-profiel
Magdel Fourie

Johannesburg - Uitgeteer, besmeer, al knagende aan ’n vleisbeen en soos ’n hond aan ’n tafelpoot vasgemaak.

Dít is hoe ’n vyfjarige meisie van die Oos-Rand wat glo oor ’n tydperk herhaaldelik verkrag is, onlangs gevind is nadat iemand ’n miaau-geluid gehoor het.

Haar ma, vermoedelik ’n prostituut wat dalk selfs die kind uitverhuur het, word nou van kinderverwaarlosing aangekla.

’n Buurvrou het op die kind afgekom nadat sy ’n geluid uit ’n plakkershut in Etwatwa gehoor het. Sy het toe die deur afgeskop, het Philip Stoneman van die iThemba-verkragting-en-trauma-steunsentrum in Benoni gesê.

’n Waterbak het langs die kind op die vloer gestaan. “Sy was baie vuil en dit blyk sy het selfs van haar eie ontlasting geëet.”

Sy het dik eelte op haar knieë, enkels en elmboë gehad, kon nie loop of praat nie en was nie in staat om ’n toilet te gebruik nie.

“Sy was baie aggressief en het hard gelag. Sy het glad nie gereageer op liefde van die sorgwerkers nie. Toe een van die werkers haar ’n poppie gee, het sy dit net weggesmyt.”

Duidelike bewyse van herhaaldelike verkragting oor ’n lang tydperk is gevind, het Stoneman gesê. Dit is onduidelik of dit met ’n geslagsorgaan of ’n objek was.

Haar ma is in aanhouding, het kapt. Timothy Masilela, polisiewoordvoerder, gesê.

Sedert “Klein L,” soos die werknemers van iThemba haar noem, in die sorg van ’n sorgwerker in Etwatwa geplaas is, het haar toestand en gedrag reeds baie verbeter, het Stoneman gesê.

9.

ii. Langtermyn gevolge van mishandeling en verwaarlosing. Die langtermyn gevolge van mishandeling en verwaarlosing is: • Kinders baie stadiger spraak aanleer. • Kinders wat mishandle is is baie meer aggressief en toon wangedrag, hul pleeg ook misdade. • Meisie veral wat gemolesteer is, is geneig om behep te raak met seks en ontwikkel gedrags probleme. Kinders is ook seksueel wanaangepas. • Kinders ontwikkel fisieke, intellektuele en emosionele probleme. • Die wat gemolesteer is, is angstig, bang, depressief, aggressief, vyandig en toornig. • Hulle lei aan swak en negatiewe selfbeeld, wantrou mense en voel geïsoleerd. • Kinders too nook anti-sosiale gedrag.

iii. Omstandighede waar mishandeling die algemeenste voorkom. • Mishandeling kom algemeen voor in gesinne wat in stress verkeer, bv. waar die ouers alkoholiste is. 10.

• Indien die ma nog baie jonk is, swak is en nie ondersteuning ontvang nie, word die kanse vir mishandeling verhoog. • Veranderings in die daaglikse lewe soos bv. verhuising dit kan lei tot sosiale en emosionele stress wat kan lei tot kindermishandeling. • Ongelukkige huwelike, arm gesinne en ook anti-sosiale gesinne kan lei tot mishandeling.

iv. Gemeenskap – bekamping van kindrmolestering. Samewerking met kerke en ander instansies kan help met bewus making en bekamping van mishandeling en verwaarlosing. Persoonlik kan ek indien ek bv. van ‘n gesin weet wat swaar kry hulp verleen al is dit net om kos te voorsien.

11. Bibliografie 1. Studiegids GED101T – Menslike ontwikkeling en opvoedkunde. 2. Internet : www.dieburger.com 3. Internet: www.nuus24.com

Similar Documents