Free Essay

Opvoeder as Assessor

In:

Submitted By ANEB
Words 3631
Pages 15
EDAHOD5 : DIE OPVOEDER AS ASSESSOR

INHOUDSOPGAWE:
VRAAG 1 ----------------------------1.1. Assesseringstaak 1: MIV-VIGS navorsingstuk 1.2. Assesseringstaak 2: Bewusmakingsplakkaat 1.3. Assesseringstaak 3: Opsomming 2-5

-----------------------------

5-8

----------------------------VRAAG 2

8-10

2.1 Assesseringsaktiwiteit en assesseringsnagaanlys: 2.2 Assesseringsaktiwiteit en assesseringsruitenet: 2.3 Assesseringsaktiwiteit en assesseringsrubriek: BIBLIOGRAFIE

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------

11 12 13 14

VRAAG 1: ASSESSERINGSTAKE- EN STRATEGIEË

1.1. ASSESSERINGSTAAK 1: Die MIV-infeksie is vinnig aan die toeneem in Suid-Afrika, doen navorsing en vind soveel moontlik inligting aangaande hierdie siekte. Inligting wat DUIDELIK in hierdie stuk na vore moet kom:  Inleiding  Agtergrond oor die MIV-infeksie;  Oorsake wat lei tot die MIV-infeksie;  Gevolge van die MIV-infeksie;  Verskeie behandelingsmetodes vir die MIV-infeksie;  Voorkoming van die MIV-infeksie  Gevolgtrekking TOEPASSING VAN ASSESSERINGSTRATEGIEË: 1. Leerarea, graad en onderwerp wat geassesseer word: Leerarea en graad: Lewensoriëntering vir graad 9. Onderwerp: Seksuele gedrag en seksuele gesondheid met MIV-VIGS voorligting 2. Leeruitkomste vir assessering: Selfontwikkeling in die samelewing: seksuele gedrag en seksuele gesondheid. Selfontwikkeling in die samelewing: lewenstylkeuses 3. Assesseringstandaarde vir die leeruitkomste: Leerlinge moet ‘n duidelike begrip kan toon van die volgende aspekte: 1) Agtergrond oor die MIV-infeksie; 2) Oorsake wat lei tot die MIV-infeksie; 3) Gevolge van die MIV-infeksie; 4) Behandelingsmetodes; 5) Voorkoming van die MIV-infeksie. 4. Assesseringsoordeel: Hierdie navorsingstuk word deur die onderwyseres geassesseer. Die redes hiervoor is: 1) omdat onderwyseres meer kennis dra rakende die onderwerp as die leerlinge-self; 2) dieselfde assesseringstandaarde dwarsdeur die graad te handhaaf; 3) te bepaal of die leerlinge ‘n voldoende begrip rakende die onderwerp toon; 4) te bepaal of leer plaasgevind het. Om hierdie redes is dit nodig om die opdrag te assesseer volgens ‘n daargestelde kriteria. 5. Assesseringsinstrument: Die assesseringsinstrument wat vir hierdie opdrag gebruik word is ‘n assesseringsrubriek. Die rubriek is ideaal vir ‘n navorsingstuk omdat dit verskillende vlakke van bevoegdheid in die kriteria aandui, dit vergemaklik ook die analise van die inhoud van die taak. Die kriteria in ‘n rubriek het verder ook verskillende tellings omdat sekere inligting ‘n swaarder gewig dra as ander.

6. Assesseringskriteria: Naam en Van

Graad:

___________

Assesseringstaak:

_______ 4 UITSTEKEND 3 GENOEGSAAM Opdrag is slegs gedeeltelik verstaan Agtergrond is gedeeltelik bespreek deur die gebruik van enkele bronne Oorsake is gedeeltelik bespreek deur die gebruik van enkele bronne Gevolge is gedeeltelik bespreek deur die gebruik van enkele bronne Gedeeltelike bespreking van behandelingsmetodes deur die gebruik van enkele bronne Gedeeltelike bespreking van voorkoming deur die gebruik van enkele bronne Gedeeltelike interpretasie van inligting Bonus punte: 2 vir Bibliografie

Datum:__________________ 1 NIE BEREIK Opdrag is glad nie verstaan nie Lukrake Agtergrond is (alledaagse) vaag en bronne bespreking is afwesig van die agtergrond Bespreking is vaag en bronne is afwesig Lukrake (alledaagse) bespreking 2 EENVOUDIG Opdrag is verkeerd verstaan

Inleiding : verstaan van gegewe opdrag Agtergrond : inligting rakende die ontstaan van die infeksie Bespreking van die verskeie oorsake van die infeksie Bespreking van die verskeie gevolge van die infeksie Bespreking van verskeie behandelingsmeto des van die infeksie Bespreking van voorkoming van die MIV-infeksie Gevolgtrekking : interpretasie van inligtingstuk

Opdrag is korrek verstaan Agtergrond is breedvoerig bespreek deur die gebruik van verskeie bronne Oorsake is breedvoerig bespreek deur die gebruik van verskeie bronne Gevolge is breedvoerig bespreek deur die gebruik van verskeie bronne Breedvoerige bespreking van behandelingsmetodes deur die gebruik van verskeie bronne Breedvoerige bespreking van voorkoming deur die gebruik van verskeie bronne Korrekte interpretasie van inligting

Bespreking is vaag en bronne is afwesig Bespreking van behandelings metodes is vaag en bronne is afwesig Bespreking van voorkoming is vaag en bronne is afwesig Interpretasie van inligting is vaag

Lukrake (alledaagse) bespreking Lukrake (alledaagse) bespreking van behandelingsmetodes Lukrake (alledaagse) bespreking van die voorkoming Inligting is verkeerd geïnterpreteer

Minimumstandaard= 16

Totaal: 30

7. Assesseringsproduk: Hierdie taak word ingehandig as ‘n geskrewe produk. Leerlinge wat dit so verkies mag ‘n getikte produk inhandig met die volgende spesifikasies: Font: Arial 12, Line spacing: 1.15. ‘n Maksimum van 4x A4 folio’s mag gebruik word (wat ‘n volledige bibliografie insluit.) 8. Individuele leerstyle, aanlegte en belangstellings: Hierdie tema van MIV-VIGS is eerstens met die leerlinge behandel deur gebruik te maak van ‘n PowerPoint wat die verloop van die infeksie illustreer. Daarna is daar van klasbesprekings en verskillende scenario’s gebruik gemaak om die kennis verder vas te lê. 9. Plaaslike waardes en standaarde: Die belangrikheid van onthouding (geen betrokkenheid by seksuele aktiwiteite) onder jongmense tot die huwelik. Indien daar wel deelgeneem word aan seksuele aktiwiteite is

verandering in jou gedrag belangrik m.a.w. daar moet meer verantwoordelik opgetree word. bv. Seuns moet altyd ‘n kondoom gebruik, afgesien daarvan of die meisie voorbehoudmiddels gebruik of nie. Meisies moenie met mans/seuns seksuele omgang hê, wat nie ‘n kondoom gebruik nie en beide partye moet hulle seksuele maats beperk tot 1. Hierdie waardes word weerspieël in die voorkomingsafdeling van die taak. 10. Tyd en plek van assessering: Hierdie assesseringstake is tydens Februarie 2014 gedoen. Die take is na die afloop van die klasbesprekings uitgedeel en met die leerlinge behandel. Daar is 2 weke gegee vir die voltooiing van die take. Finale take is 28 Februarie 2014 ingehandig. Die onderwyseres het die take ingeneem en gemerk. Na die afloop van die merk periode is die take aan die leerlinge terug besorg en die finale produkte is met hul bespreek. 11. Deurlopende assessering: Die assessering was deurlopend tydens Februarie 2014. Die tema is verskeie periodes in die klas behandel deur middel van PowerPoint, klasbesprekings, scenario’s en die handboek. Die taak is na hierdie lesings uitgedeel en met die leerlinge behandel. Dus, was dit ‘n deurlopende proses van in die klas aanbieding (deur onderwyseres) en by die huis navorsing (deur die leerlinge.) 12. Geloofwaardige assesseringsaktiwiteit: Hierdie assesseringsaktiwiteit is gebaseer op ‘n navorsingstuk – ‘n aktiwiteit wat in verskeie vakke gevind word. Die aktiwiteit het ook verder alledaagse vaardighede ingesluit bv. Lees, begrip en herkenning van sleutelwoorde en konsepte vir opsommingsdoeleindes. Hierdie vaardighede vorm deel van die leerproses daarom is dit ‘n geloofwaardige assesseringsaktiwiteit.

13. Ontwikkelingsvlak van leerlinge: Tydens graad en fase beplanning kom die betrokke onderwysers bymekaar om te bepaal watter vereistes aan die leerlinge gestel gaan word vir die betrokke graad of vak (in hierdie geval Gr.9 Lewensoriëntering). Hierdie vereistes help verder die onderwyser om te bepaal teen watter pas daar gewerk moet word om ’n sekere vlak van bevoegdheid te bereik teen ‘n bepaalde tydstip. “Die onderwerpe in Lewensoriëntering vereis dat sekere vaardighede, kennis en waardes aangespreek en geassesseer word. Vaardighede soos besluitneming, kommunikasie, selfgelding, onderhandeling, doelwitstelling, vermoë om inligting te bekom, probleemoplossing en kreatiewe denke word oor al vyf onderwerpe aangespreek en deur middel van formele of informele assessering geassesseer. Net so, word houdings soos selfrespek, respek vir en aanvaarding van ander, aanvaarding van verantwoordelikheid, uithouvermoë, volharding, antidiskriminasie en gelykheid in al vyf onderwerpe aangespreek en geassesseer.” (NKV, 2014) Dus, hierdie assesseringsaktiwiteit ontwikkel die leerlinge se vaardighede wat hul ontwikkelingsvlak sal bevorder. 14. Sonder vooroordeel en objektiewe assessering:

Hierdie assesseringsaktiwiteit is vanuit ‘n algemene oogpunt saamgestel en gemerk. Die inligting wat aan die leerlinge deurgegee is, is gebaseer op alledaagse gebeure, statistieke en verslae. Dus, is daar nie gediskrimineer teen mense van ras, kultuur, godsdiens, taal, geslag of agtergrond nie. Die assesseringsrubriek van hierdie aktiwiteit is so opgestel dat daar nie ruimte is vir vooroordeling nie. Die leerling het die kriteria bereik of nie. Om die moontlikheid van vooroordeling en objektiwiteit uit te skakel is van die aktiwiteite ingegee vir moderering deur die vakhoof sodat daar bepaal kon word of die onderwyser se assesseringstandaard dieselfde is vir alle take.

1.2. ASSESSERINGSTAAK 2: Maak ‘n plakkaat ter ondersteuning van die 16 DAE AKTIVISME VIR DIE GEEN GEWELD TEEN VROUE EN KINDERS VELDTOG. TOEPASSING VAN ASSESSERINGSTRATEGIEË: 1. Leerarea, graad en onderwerp wat geassesseer word: Leerarea en graad: Lewensoriëntering, Graad 9 2. Leeruitkomste vir assessering: Gesondheid-, sosialeen omgewingsverantwoordelikhede: veiligheidskwessies wat verband hou met geweld.

Gesondheids-

en

3. Assesseringstandaarde vir die leeruitkomste: Leerlinge moet ‘n visuele ontwerp inhandig om die veldtog teen geweld teen vrouens en kinders te ondersteun. Hierdie ontwerpe moet ‘n bewustheid van die geweld teen vrouens en kinders by die leerlinge skep. 4. Assesseringsoordeel: Hierdie assesseringstaak word by wyse van maat-assessering gedoen. Maat-assessering is ‘n goeie keuse omdat leerlinge van gr.9 minder self-gesentreerd is en oor die vermoë beskik om by die aktiwiteite van ander leerlinge betrokke te raak. Maat-assessering kan ook in verskeie vorme plaasvind – in hierdie geval sal dit maat-tot-maat-assessering wees. 5. Assesseringsinstrument: ‘n Kontrolelys word vir hierdie assesseringstaak gebruik. ‘n Kontrolelys ondersoek slegs of daar aan die kriteria voldoen is – daar is geen verwerkinge van punte betrokke nie daarom is dit geskik vir maat-assessering.

6. Assesseringskriteria: Naam en Van Assesseringstaak: Graad: ___________ Datum:________________

_______

Ja Kreatiwiteit _ trek die plakkaat aandag? Netheid – prentjies is netjies uitgeknip/ geen vuilmerke op die plakkaat Effektiwiteit – plakkaat skep ‘n bewustheidsgevoel Boodskap – die boodskap wat die plakkaat gee is duidelik Gepastheid – prentjies en slagspreuke pas by die gegewe opdrag Elke regmerkie tel 2 punte Minimumstandaard = 6 Leerling se telling: ______/10 Totaal = 10

Nee

Geteken: ________________

7. Assesseringsproduk: Die assesseringsproduk wat ingehandig word is ‘n kleurvolle A3-grootte plakkaat. Leerlinge kan enige vorm van papier gebruik – gekleurde papier, karton ens. 8. Individuele leerstyle, aanlegte en belangstellings: Hierdie assesseringstaak het nie soveel riglyne waaraan voldoen moet word nie, soos enige ander assesseringstaak nie. Leerlinge word aangemoedig om hul eie kreatiwiteit aan die dag te lê. Vir sommige van die audio-leerlinge sal hierdie taak effens meer uitdagend wees as vir die visuele-leerlinge. 9. Plaaslike waardes en standaarde: Vanuit die CAPS-dokument: “Die onderwerpe in Lewensoriëntering vereis dat sekere vaardighede, kennis en waardes aangespreek en geassesseer word. Vaardighede soos besluitneming, kommunikasie, selfgelding, onderhandeling, doelwitstelling, vermoë om inligting te bekom, probleemoplossing en kreatiewe denke word oor al vyf onderwerpe aangespreek en deur middel van formele of informele assessering geassesseer. Net so, word houdings soos selfrespek, respek vir en aanvaarding van ander, aanvaarding van verantwoordelikheid, uithouvermoë, volharding, antidiskriminasie en gelykheid in al vyf onderwerpe aangespreek en geassesseer.” (NKV, 2014) Plaaslike waardes en standaarde wat hierdie assesseringstaak weerspieël is die volgende: selfgelding, probleemoplossing, respek vir en aanvaarding van ander, anti-diskriminasie en gelykheid ten opsigte van geslag en ras. 10. Tyd en plek van assessering: Hierdie assesseringstaak word na die afloop van die lesings oor gesondheids- en veiligheidskwessies wat verband hou met geweld gedoen. Die assesseringstaak word in die klas gedoen (dus 45min periode) – leerlinge word vooraf hiervan ingelig sodat hul voorbereid skooltoe kan kom.

Assesseringstake word na die afloop van die 45min periode ingeneem. Die volgende periode wat die leerlinge Lewensoriëntering het word die take aan die leerlinge uitgedeel – verskillende take aan verskillende leerlinge sodat ‘n leerling nie sy/haar eie taak assesseer nie. Die leerlinge assesseer dan die assesseringstaak wat aan hulle uitgedeel is aan hand van die gegewe kontrolelys. 11. Deurlopende assessering: Die hoofstuk vanuit die handboek OXFORD: SUKSESVOLLE LEWENSORIëNTERING – LEERDERBOEK (2013)CLITHEROE, DILLEY, NAIDOO, PEREZ & PICKERING handel oor geweld teen kinders en vrouens, die impakte van hierdie geweld asook die hantering van geweldadige situasies. Dus, die assesseringtaak vorm deel van ‘n deurlopende assesseringsproses. Die taak is daarop gemik om die erns van bogenoemde probleem tuis te bring. 12. Geloofwaardige assesseringsaktiwiteit: Hierdie assesseringstaak is betroubaar op grond daarvan dat die leerlinge die assesseringstaak op dieselfde tyd en in dieselfde ruimte doen (tydens ‘n Lewensoriënteringperiode). Dit sorg moontlik daarvoor dat die take dieselfde standaard van uitvoering sal hê (niemand kan die taak by die huis –op die rekenaar, of met ouerhulp – gaan doen nie). Maatassessering word onder beheerde omstandighede gedoen – die onderwyseres hou toesig en kontroleer die geassesseerde take na die leerlinge mekaar geassesseer het. Dus, kan die onderwyseres die assesseeringstandaard beheer. 13. Ontwikkelingsvlak van leerlinge: “Die onderwerpe in Lewensoriëntering vereis dat sekere vaardighede, kennis en waardes aangespreek en geassesseer word. Vaardighede soos besluitneming, kommunikasie, selfgelding, onderhandeling, doelwitstelling, vermoë om inligting te bekom, probleemoplossing en kreatiewe denke word oor al vyf onderwerpe aangespreek en deur middel van formele of informele assessering geassesseer. Net so, word houdings soos selfrespek, respek vir en aanvaarding van ander, aanvaarding van verantwoordelikheid, uithouvermoë, volharding, antidiskriminasie en gelykheid in al vyf onderwerpe aangespreek en geassesseer.” (NKV, 2014) Hierdie assesseringstaak ontwikkel die leerlinge se vaardigheidsvlakke. Vaardighede soos: vermoë om inligting te bekom en kreatiewe denke word verbeter; houdings soos respek vir en aanvaarding van ander, aanvaarding van verantwoordelikheid en gelykheid word bevorder. 14. Sonder vooroordeel en objektiewe assessering: Om assessering sonder vooroordeel en objektief te hou is die take as individuele take gegee. Na die voltooiing van die take is die take aan ander leerlinge uitgedeel (dus die leerlinge merk nie hul eie werk nie en vriende ook nie mekaar se werk nie.) Om verder objektiwiteit van assessering te versterk kontroleer die onderwyseres alle take nadat die maat-assessering afgehandel is.

1.3. ASSESSERINGSTAAK 3:

Lees die onderstaande leesstuk en maak gebruik van vluglees om jouself op hoogte van die inhoud van die teks te bring. Herlees dan die uittreksel om die hoofgedagte(s) te identifiseer. Skryf ‘n puntsgewyse opsomming van die uittreksel. “Lees is ‘n komplekse kognitiewe proses om simbole te dekodeer in ‘n poging om betekenis te vind. Lees het verskeie doeleindes byvoorbeeld is dit ‘n manier om ‘n taal aan te leer, ‘n vorm van kommunikasie, die deel van inligting en idees. Soos alle tale is lees ‘n komplekse interaksie tussen die teks en die leser wat deur die leser se kennis, ervaring, houding en taalgemeenskap gevorm word. Die leesproses verg aanhoudende oefening, ontwikkeling en verfyning. Omdat lees so komplekse proses is, kan dit nie beheer of beperk word tot een of twee interpretasies nie, dus is daar geen konkrete reëls vir lees nie. Proeflees is ‘n vorm van lees, met die doel om foute in ‘n skryfstuk te vind. Vluglees is ‘n vorm van lees met die doel om ‘n stuk vinnig te lees en ‘n hoofkonsep te kry sonder om aandag te skenk aan fynere besonderhede. Skandering is ‘n vorm van lees wat gebruik word om ‘n sekere feit van inligting binne ‘n leesstuk te soek. Skryf is ‘n vorm van kommunikasie wat die interpretasie van tekens en simbole in ‘n taal verteenwoordig. Rondom die 4de millennium voor Christus, sorg die kompleksiteit van handel en administrasie daarvan, vir die permanente registrasie en weergee van transaksies. Sowel in Meso-Amerika as in Antieke Egipte ontwikkel skrif uit kalenders en die behoefte of geskiedkundige en natuurlike gebeurtenisse op te neem.” ‘n Kultuur wat begin skryf maak die oorsprong mee van voorgeskiedenis na die geskiedenis. Skryf en lees bly tot in die laat Middeleeue ‘n vaardigheid wat net bedoel was vir die bevoorregte priesterklasse. Deesdae skryf mense om vele redes: kommunikatief, terapeuties of ontspannend. TOEPASSING VAN ASSESSERINGSTRATEGIEË: 1. Leerarea, graad en onderwerp wat geassesseer word: Leerarea en graad: Lewensoriëntering, Graad 9. Onderwerp: Tydsbestuur, leer en skryf vir verskillende doeleindes. 2. Leeruitkomste vir assessering: Wêreld van werk: Tydsbestuur, lees en skryf vir verskillende doeleindes. Wêreld van werk: Skryf vir verskillende doeleindes: Opsommings 3. Assesseringstandaarde vir die leeruitkomste: Leerlinge moet ‘n gegewe leesstuk deurlees en daarvolgens ‘n opsomming maak met die 10 sleutelfeite wat in die leesstuk na vore kom.

4. Assesseringsoordeel: Assessering vind plaas deur middel van self-assessering. Elke leerling assesseer dus hul eie opsommings na aanleiding van die antwoorde wat deur die onderwyseres verskaf word. Selfassessering is meer waardevol wanneer die taak wat geassesseer word meer intrinsiek (van ‘n persoonlike natuur) is. Self-assessering is verder ook ‘n vorm van formatiewe assessering wat die leerlinge help om ‘n beter begrip van hul eie tekortkominge en sterkpunte te verkry t.o.v.

studiemetodes. 5. Assesseringsinstrument: ‘n Kontrolelys word vir hierdie assesseringstaak gebruik. ‘n Kontrolelys ondersoek slegs of daar aan die kriteria voldoen word – daar is geen verwerkinge van punte betrokke nie daarom is dit geskik vir self-assessering. 6. Assesseringskriteria: Naam en Van Assesseringstaak:

_______

Graad: ___________ Datum:__________________

10 9 8 7 6 5 4 3 2 1 Geen feite feite feite feite feite feite feite feite feite feite feite Sleutelfeite geïdentifiseer Minimum standaard: 5/10 Leerling se telling: _____ / 10

Geteken: _________________

7. Assesseringsproduk: Die assesseringsproduk wat ingehandig word is ‘n geskrewe A4-folio met ‘n opsomming van 10 sleutelfeite uit die gegewe leesstuk. 8. Individuele leerstyle, aanlegte en belangstellings: Wanneer dit kom by individuele leerstyle en aanlegte verskil dit van leerling tot leerling. Sommiges leer d.m.v. visuele stimulasie (breinkaarte), audio stimulasie (opneem en terugspeel van inligting). Elke leerling se leerproses vir eksamens en toetse begin by die opsommingsproses – hetsy vir ‘n breinkaart of die opneem van inligting is. Die gegewe inligting moet eers deur ‘n siftingsproses gaan sodat die belangrike inligting uitgeken kan word. Hierdie assesseringstaak bevorder die leerlinge se verskillende leerstyle deur hul te help met die identifisering van sleutelfeite in leesstukke. Hierdie vaardigheid sal hul in die toekoms meer en meer help. Die bemeestering van hierdie vaardigheid is en sal vir die leerlinge van groot waarde wees. 9. Plaaslike waardes en standaarde: ‘n Plaaslike waardes wat in hierdie asesseringstaak teenwoordig is, is die waardes van harde werk, volharding, doelwitstelling en besluitneming. Vir elke leerling om ‘n toekoms te kan hê – die toekoms wat hul vir hulself wil hê – moet hul leer doelwitte te stel en dan deur middel van harde werk en volharding hierdie doelwitte te bereik. Niemand kan êrens kom deur net agteroor te sit en niks te doen nie. Niks in die lewe kom verniet nie – hierdie is ‘n lewenswaarheid wat die die leerlinge ingeskerp moet word. 10. Tyd en plek van assessering: Hierdie assesseringstaak vind tydens ‘n Lewensoriënteringsperiode plaas. Hierdie periodes is ongeveer 45min lank. Die rede waarom die take om in die klas gedoen word is die beheerde omstandighede waaronder die leerlinge kan werk. Nadat die periode verby is ,neem die onderwyseres die onderskeie opsommings in sodat die leerlinge dit nie by die huis kan gaan voltooi nie. Die opsommings word die volgende periode uitgedeel tesame met die antwoordstuk sodat die leerlinge hul eie werk kan assesseer. Aan die einde van die periode neem die

onderwysers weereens die opsommings in en kontroleer die leerlinge se punte. 11. Deurlopende assessering: Die assesseringstaak vorm deel van die deurlopende assessering omdat dit gedoen word nadat die werk met leerlinge behandel is. Verder vorm dit ook deel van deurlopende assessering omdat leerlinge hierdie opsommingstegniek vir elke vak kan gebruik – tydens voorbereiding vir toetse en eksamens.

12. Geloofwaardige assesseringsaktiwiteit: Geloofwaardigheid van hierdie assesseringstaak word beïnvloed deur die feit dat leerlinge die assesseringstaak onder dieselfde omstandighede doen – in ‘n klaskamer tydens ‘n akademiese Lewensoriëntering periode. Wanneer take in verskillende omstandighede gedoen word, het dit ‘n invloed op die leerlinge se prestasies. Beheerde omstandighede vir assesserings neig na beter prestasies. Verder word die geloofwaardigheid van die assesseringstaak ook beïnvloed deurdat die onderwyseres die self-assessering van die leerlinge kontroleer om die standaarde te beheer. 13. Ontwikkelingsvlak van leerlinge: Leerlinge se ontwikkelingsvlakke word in hierdie assesseringstaak bevorder deur middel van probleemoplossing, die vermoë om inligting te bekom en belangrike inligting te kan identifiseer. Verder is kreatiewe denke ook bevorder deurdat die leerlinge kreatiewe maniere moes vind om die belangrike inligting wat hul geïdentifiseer het, deur te gee. 14. Sonder vooroordeel en objektiewe assessering Leerlinge sien soms self-assesserings as ‘n geleentheid om hulself te bevoordeel, soms word self-assesserings as ‘n klug gesien juis vir die feit dat leerlinge dit nie ernstig genoeg opneem nie. Om hierdie vooroordeel van leerlinge te beperk, kontroleer die onderwyseres elke assesseringstaak nadat die leerlinge hulself geassesseer het om seker te maak dat die leerlinge deelgeneem het aan eerlike assesseringspraktyke.

VRAAG 2: 2.1. ASSESSERINGSAKTIWITEIT & ASSESSERINGSNAGAANLYS: FIKSHEIDSPROGRAM Leerders verdeel in groepe van 3-6 leerders, bespreek en ontwerp ‘n fiksheidsprogram vir 30 min. Die fiksheidsprogram moet bestaan uit die volgende:   Opwarmingsoefeninge Fiksheidsoefeninge



Afwarmingsoefeninge Kontrolelys vir assessering van 30 min fiksheidsprogram

Naam en Van Assesseringstaak: Assessor: ___

Graad: ________________ _______ Datum:______________________ _____________________ ____Moderator: __________________ Ja Nee

1. Leerlinge dra die korrekte oefendrag. 2. Leerlinge het alle veiligheidskwessies in ag geneem vir die fiksheidsprogram (omgewing waar oefeninge plaasvind, fisiese hindernisse, omgewingshindernisse ens) 3. Leerlinge neem entoesiasties deel aan die fiksheidsprogram 4. Die leerlinge werk as ‘n groep saam 5. Die fiksheidsprogram voldoen aan die 30min gegewe tydperk 6. Duidelike voorbereiding vir die fiksheidsprogram is gedoen 7. Oefeninge volg ‘n logiese volgorde (opwarming, fiksheid en afwarming) 8. Oefeninge is in realistiese tydsegmente ingedeel (5min opwarm, 20min fiksheid, 5min afwarm) 9. Oefeninge is geskik vir alle afdelings (opwarming, fiksheid en afwarming) 10.  Oefenprogram is suksesvol Elke regmerkie tel 2 punte Geteken: ___________________

Groep se telling:____ / 20 Minimumstandaard: 10 / 20

2.2. ASSESSERINGSAKTIWITEIT & ASSESSERINGSRUITENET: S.A. KAART Gr. 10 Toerisme leerlinge moet die gegewe kaart van Suid-Afrika voltooi met die provinsies en hul hoofstede, buurlande en hul hoofstede, oseane, grootste eiland langs die kus en sy hoofstad korrek aandui. Die kaart moet voorsien word van ‘n rigtingaanwyser en gepaste titel. Ruitenet vir assessering van S.A. kaart Naam en Van Graad: ________________

Assesseringstaak: Assessor: ___

_______ Datum:______________________ _________________________Moderator: __________________

Kriteria 1. Titel duidelik en toepaslik 2. Rigtingaanwyser is duidelik en korrek aangedui 3. 9 Provinsies en 9 hoofstede is duidelik en korrek aangedui (½ per korrekte naam) 4. 6 Buurlande en 6 hoofstede is duidelik en korrek aangedui (½ per korrekte naam) 5. 2 Oseane is duidelik en korrek aangedui (½ per korrekte naam) 6. Eiland en hoofstad is duidelik en korrek aangedui 7. Netheid van die S.A. kaart Totaal: 20 Minimumstandaard: 12 Geteken: ___________________

Punte 1 1

9

6

1 1 1

2.3. ASSESSERINGSAKTIWITEIT ORGANISASIES

&

ASSESSERINGSRUBRIEK:

NIE-WINSGENDE

Doen navorsing oor ‘n nie-winsgewende organisasie in Suid-Afrika. Inligting wat in die taak na vore moet kom: 1) Inleiding en definisie van ‘n nie-winsgewende organisasie; 2) Die oorsprong van die organisasie; 3) Die doel van die organisasie; 4) Verskeie aktiwiteite waarby die organisasie betrokke is; 5) Gevolgtrekking Rubriek vir assessering van navorsingstuk

Naam en Van Assesseringstaak: Assessor: ___

Graad: ________________ _______ Datum:______________________ _________________________Moderator: __________________

BIBLIOGRAFIE

Nasionale Kurrikulum verklaring, NKV (2014) DREYER, J.M. (ed). 2008. The educator as assessor. Pretoria: Van Schaik.

CLITHEROE, F., DILLEY, L., NAIDOO, R., PEREZ, N. & PICKERING, R. (2013) Suksesvolle Lewensoriëntering Graad 9. Kaapstad: Oxford University Press

Similar Documents