Free Essay

Why Eskom Is Failing

In:

Submitted By stefi911
Words 2180
Pages 9
Eskom keeps dropping the lightb’a’llb
“electricity was the most important new technology of the 20th Century. It changed the world profoundly, and entyirely for the better. It is now the backbone of every economy” – @ Liberty, 2014
Die aangehaalde gedeelte uit die @Liberty se artikel oor Eskom en sy huidige situasie lig uit hoe belangrik elektrisiteit geword het in die wêreld en hoekom dit so belangrik is vir die ekonomie van ‘n land. Daarom is dit belangrik dat ons Eskom se huidige probleem situasie ontleed om vas te stel wat die probleem na vore gebring het en waste besluite gelei het tot die krisis. In my ondersoek het ek gekyk na verskillende bronne wat handel oor die Eskom probleem en het ek verskeie sieninge identifiseer wat groot verskille toon in die manier waardeur hulle veronderstel die situasie benader moet word en hanteer moet word. Dit is immers belangrik dat al die menings in ag geneem word om so die groter prentjie akkuraat te kan sien.
Daar is geen twyfel dat die elektrisiteit probleem in Suid Afrika ʼn rede vir kommer is nie, en in die laaste paar jaar is Eskom onder die kollig oor hoekom die probleem gelos is om so te vergroot. Die Suid Afrikaanse burgers is bekommerd in hoe die situasie ons verder sal affekteer, besighede verloor profeit en dit het groot effek op die ekonomiese stand van die land, die onsekerheid oor more is iets wat twyfel sit in Eskom en hulle vermoë om die land se vraag na elektrisiteit te kan bevredig. Kundiges van die gebied het al alternatiewe begin voorstel en die alternatiewe is orals te vind op internet, so daar is min rede vir die verskoning dat die probleem nie opgelos kan word nie.
Na aanleiding van die bo-genoemde sal ek in die opstel eerstens kyk na hoe die probleem ontstaan het en die geskiedenis van Eskom, tweedens sal ek moontlike scenario’s skep wat kan gebeur as gevolg van die tekort aan elektrisiteit en as die probleem nie opgelos word nie, en laastens sal ek as gevolgtrekking moontlike oplossings identifiseer spesifiek vir Eskom om die beskikbare elektrisiteit voorraad te verhoog.
1.Die geskiedenis en wat het gely tot huidige Eskom probleem
Hier volg ʼn baie kort samevatting van die Eskom geskiedenis die inligting is gekry uit die @sanlam artikel wat gepubliseer is op die 18 Maart 2015 genaamd “ The rise and fall of Eskom – and how to fix the problem”.
In 1923 het die Suid Afrikaanse regering Escom gestig, die Afrikaanse naam was Evkom en so is die twee name gekombineer om Eskom te vorm in 1986. Dit is ʼn staat besitte industrie maar omdat daar min regulasies gestel was om Eskom kon hulle konsentreer op die doel om elektrisiteit te verskaf vir Suid Afrika en was daar nie die algemene probleem by ʼn staat besitte industrie nie wat politieke inmenging is. Die beste kenners en arbeiders was in diens gestel omdat daar selfs in apartheid nie druk was op Eskom om die politieke rigting te volg van die regering nie, die CEO van daardie tyd was Ian McRae en Eskom was self gefinansier (@Liberty, 2015). In 1969 om en by het die ekonomie van Suid Afrika ‘n geweldige snel groei getoon en was daar ʼn soortgelyke probleem as wat ons vandag ondervind. Die vraag na elektrisiteit het gestyg en daar was ʼn risiko dat daar ʼn tekort sou wees aan die voorraad. Maar anders as die huidige situasie is daar duidelike strategieë uiteengesit, Eskom het gestandaardiseerde steenkool stasies opgerig wat teen ʼn lae koste kon plaasvind as gevolg van die groot hoeveelheid kontrakteurs wat wou deel hê in die oprig van die stasies. Die uitkomste hiervan, en die moontlikheid van ʼn groot steenkool voorraad, is dat elektrisiteit teen ʼn baie lae koste verskaf kon word aan die Suid Afrikaanse gemeenskap dit was selfs laer as pryse wat in Amerika deur privaat elektrisiteit vervaardigers verskaf is.
Die ekonomiese groei van die 1960 het wel afgeneem as gevolg van sanksies, in 1970’s en by die middel 1980’s het Suid Afrika ‘n surplus van elektrisiteit gehad, die gevolg was dat drie ouer stasies gesluit is naamlik: Camden, Grootvlei en Komati ( @Liberty, 2015). Met die 1994 verkiesing en die ANC wat in stand gekom het, het daar veranderinge plaasgevind in Eskom soos regstellende aksie, politieke inmenging, en politieke aanstellings. Baie van die beste ervare wit ingenieurs en bestuurders is afgedank om plek te maak vir regstellende aksie. Hier sien ons dat die politieke invloed baie meer geword het en dat die fokus van Eskom nou verdeeld geraak het en tot meer ʼn mate gefokus het op transformasie doelwitte en die doel om kostes van elektrisiteit lag te hou vir die verbruiker.
In 1998 het die regering Eskom verbied om meer kragstasies te bou maar die nuwe direksies van Eskom was nie baie duidelik uiteengesit nie, Eskom het later nie met sekerheid meer geweet wat hy is of wat sy eindelike doel is nie. Na apartheid het die Suid Afrikaanse ekonomie weer groei getoon en die was in lyn met die belofte van die ANC dat die ekonomie met 6% sal groei ( @Liberty, 2015). Die probleem hiermee was dat die aanvraag tot elektrisiteit nie voorsien sou kon word teen 2001 nie, weens stadige ekonomiese groei in sommige jare het die eers ʼn werklikheid geword in 2007. Die eintlike punt wat ek wil maak deur die uitwysing van die data is dat die regering geweet het wat om te verwag en selfs die ekonomie aangespoor het om te groei maar steeds was daar geen strategiese beplanning gedoen rondom die elektrisiteit voorraad nie. Die regering het immers die probleem begin agterkom in 2004 en planne neergesit om twee groot steenkool kragstasies te bou, Medupi en Kusile, albei die twee stasies is relatief baie groter as voorheen en bevat baie nuwe ingenieurs idees die regering het weer nie die in ag geneem nie en dit het gelei tot die verdere probleem dat die aanvanklike datum wat die kragstasies sou reg wees aangeskuif het van 2012 tot 2015 en die kragstasies is steeds nie in werking nie. Nog verdere probleme word ook uiteengesit deur die @Liberty (2015) se artikel wat gelei het tot die probleem wat Eskom tans in die gesig staar. Die eerste is dat slegte steenkool gekoop is deur Eskom vanaf kleiner myne wat besit is deur swart eienaars dit was gedoen om die koste te verminder en ook om rasse voordeel te vermeerder. Die steenkool was van swak gehalte en het met die swaar reën tydperk in 2008 het die steenkool die silo’s verstop en die pompe wat die steenkool na die verhitters vervoer het. Nog ʼn probleem was die Duvha stasie wat beskadig is deur ʼn oor spoed toets toe die nodige beamptes nie in plek was om die turbine te noodstop wanneer dit gevaarlike spoed bereik nie, dit het veroorsaak dat die turbine breuk. In November 2014 het een van die steenkool silos in Juba stasie ineengestort en in dieselfde maand het die as verwydering by die Lethabo steenkool kragstasie ook misluk wat veroorsaak het dat drie eenhede gebreek het. 2.Die moontlike senario’s Soos ons kan sien in die uiteensetting hierbo het die Eskom probleem baie vinnig vergroot oor die afgelope paar jaar en dit is ʼn rede vir groot bekommernis in Suid Afrika. Volgende gaan ek kyk na moontlike senario’s wat kan afspeel oor die Eskom probleem. Die inligting is gekry vanaf ‘n artikel deur Solidariteit op 15 Februarie 2008 genaamd “Eskoms power crisis: Reasons, Impact and possible solutions”. Die ekonomie van Suid Afrika verloor miljoene rande per dag as gevolg van die ‘loadshedding’ wat bly gebeur. Suid Afrika se doelwit van ekonomiese groei van 6% teen 2010 is nie gerealiseer nie en groot deel van die mislukking gaan aan Eskom, die ekonomie se pad van Eskom in die toekoms lyk nie beter nie en ons kan verseker wees dat die ekonomie nie sal verbeter tot die elektrisiteit krisis opgelos is nie (Solidariteit, 2008). My eie opinie is dat die selfde weer kan gebeur met Suid Afrika soos in 1970 en 1980 waar die ekonomie afgeneem het en die vraag na elektrisiteit weereens afneem, so wanneer die nuwe kragstasies uiteindelik gereed gaan wees om te gebruik dit nie meer so dringend nodig sal wees nie. Volgens die ekonoom Azar Jammine (2007)soos aangehaal in die Solidariteit artikel (2008), het die onsekerheid van elektrisiteit vloei veroorsaak dat buitelandse beleggings in Suid Afrika de-motiveer word en dat werkskepping tot ʼn stilstand sal kom. Groot internasionale organisasies wat in Suid Afrika betrokke is word erg beïnvloed deur die elektrisiteit tekort en maak die krisis aan die wêreld bekend wat verder ook beteken dat buitelandse organisasies vermy om verder te belê in Suid Afrika. Daar is klaar ‘n groot hoeveelheid verlies aan werksgeleenthede, baie afdankings en besighede maak hulle deure toe. Die probleem sal voort duur tot die krisis hanteer word en die voorsiening van krag weer effektief is. So om in kort op te som kan die volgende moontlike senario’s plaasvind of vererg in die geval dat Eskom se krag krisis nie opgelos word nie. ʼn Negatiewe effek op die ekonomiese groei, werkloosheid sal vermeerder en werke sal verloor word ( meer afdankings), ʼn afname in buitelandse beleggings in Suid Afrika en besighede kan sluit as gevolg van ʼn verlies aan inkomste en kapitaal.

3.Die moontlike oplossings Daar is geen twyfel nie, die krisis opgelos moet word en ook so gou as moontlik om te vermy dat die negatiewe effekte wat dit klaar gehad het op die ekonomie nie vererger nie. Daar is baie verskillende moontlike oplossings al klaar voorgestel aan Eskom en die regering maar die oplossings word nie geïmplementeer nie, dit kan wees oor die denke dat die huidige bou van die twee nuwe krag stasies die probleem sal oplos en omdat die kapitaal wat sal nodig wees om die alternatiewe oplossings te implementeer nie koste effektief is nie of die landelike begroting nie plek kan maak vir verdere fondse om belê te word in die Eskom krisis nie. Ek het uit verskeie bronne strategiese oplossings gaan identifiseer wat deur Eskom oorweeg kan word. In die artikel van Solidariteit wat gepubliseer is op die 15 Februarie 2008 gee hulle maklike oplossings vir die probleem wat ʼn paar veranderings gaan beteken in Eskom se besigheid struktuur self maar wat vir my sin gemaak het aangesien die probleem ontstaan het grootliks as gevolg van interne veranderinge wat plaasgevind het oor die politieke inmenging vanaf 1994. Die artikel deur solidariteit veronderstel dat Eskom onder andere; meer deursigtig word, beter/nuwe bestuur kry, die kragstasies onderhou en gedurig opdateer, die verbetering van steenkool en die versekering dat daar genoeg voorraad is by die kragstasies, minder fokus op regstellende aksie en verandering, beter opgeleide werkers wat oor die nodige vaardighede beskik aanstel en meer effektiewe opleiding vir tegnologiese en senario beplanning. Die oplossing is wel voor die hand liggend en baie basies maar dit is baie belangrik om die innerlike struktuur van Eskom te vernader, nie net om die huidige situasie te verander nie maar om die probleme in die toekoms te vermy. In die @Liberty artikel gepubliseer op 18de Maart 2015 gee hulle onmiddellike voorstelle vir oplossings. Die behels onder andere ook dat die kragstasies nodige herstel werk ontvang wanneer dit vereis word om te vermy dat nog kragstasies buite werking is. Hulle stel ook meer kreatiewe oplossings voor vir die probleem deur die aanbeveling te maak dat daar drywende kragstasies opgerig word soos in Ghana en beweer dat Durban en Oos Londen die perfekte gebiede is hiervoor. Die ander voorstel wat hulle baie in diepte bespreek is die moontlikheid van alternatiewe bronne vir kragopwekking soos wind en sonkrag. My persoonlike opinie oor die oplossing is dat dit onprakties is vir die situasie waarin Suid Afrika is omdat Eskom se Krisis dadelik moet aangespreek word en die oplossings meer geld en tyd gaan neem om te realiseer. Ek het immers die volgende oplossing as die mees prakties beskou vir die oplos van die Eskom krisis. Die graad van Steenkool moet verbeter dit beteken Eskom moet die steenkool koop by gevestigde myne en nie by kleiner swart besitte myne nie, die kragstasies moet die nodige herstel werk kry en in stand gehou word om die verdere verlies van kragstasies te vermy. En laastens moet die politieke invloede van die regering verminder word op Eskom sodat daar weer gefokus kan word op die eerste doel, om krag te voorsien en die kostes te dek, wanneer die politiese invloede verminder kan Eskom ook die organisasie struktuur en kultuur verander wat verhoogde effektiwiteit sal verseker en in die langtermyn ook die strategiese beplanning ordentlik gedoen kan word om so helderheid te kry en die krisis in die toekoms as moontlikheid uit te skakel.

Bronnelys
Calldo., F. 2008. Eskom’s Power Crisis: Reasons, Impact and Possible Solutions. Solidarity. www.solidarity.co.za . Date of Access 9th April 2015.
Kenny., A. 2015. The rise and fall of Eskom- and how to fix it now. @Liberty. www.sairr.org.za . Date of Access 10 April 2015

Similar Documents

Free Essay

Jetblue Airways: a Cadre of New Managers Takes Control

...Graduate Unemployment in Post-Apartheid South Africa: Nature and Possible Policy Responses Research Report Compiled for Business Leadership South Africa Funded by Standard Bank March 2006 Development Policy Research Unit School of Economics, University of Cape Town Private Bag, Rondebosch, 7701 http: //www.commerce.uct.ac.za/dpru/ Executive Summary Overview The Development Policy Research Unit (DPRU) has been commissioned by Business Leadership SA to undertake an analysis of the growing problem of unemployment among South African graduates at the request of Deputy-President Phumzile Mlambo-Ngcuka. The research was funded by Standard Bank. Research of this nature is both timely and important, especially w ithin the context of the Accelerated and Shared Growth in South Africa (ASGISA) programme and the Joint Initiative for Priority Skills Acquisition (JIPSA). The ASGISA initiative recognises skill shortages and the poor quality of education as binding constraints to accelerated growth in South Africa. The first phase of the project involved a detailed review of the South African literature on the subject of graduate unemployment and more broadly, youth unemployment, as well as empirical analyses of various Labour Force Surveys (Statistics South Africa). The second phase attempted to acquire more practical insight into the problem through a series of interviews with some of South Africa’s largest companies, across a range of different sectors. The interviews, broadly...

Words: 62216 - Pages: 249

Premium Essay

Continuous Improvement

...Have the Continuous Improvement (Cl) efforts at Absa Bank’s Horizon Medium Business Banking unit, in the Gauteng West region successfully addressed the key concepts of Continuous Improvement as set out by Trollip, 2008? By Sinqobile Khobotho Ndlovu {20625261} Submitted in partial fulfillment of the requirements for the degree of Masters in Business Administration At the Nelson Mandela Metropolitan University (NMMU) Business School Research Supervisor: Mr. Bux Heather November 2008 Page 1 of 112 Declaration “I, Sinqobile K Ndlovu, declare that: • This work has not been previously accepted in substance for any degree and is not being concurrently submitted in candidature for any degree. • This dissertation is being submitted in partial fulfillment of the requirements for the degree of Masters in Business Administration. • The dissertation is the result of my independent work/investigation, except where otherwise stated. Other sources are acknowledged by referencing and a reference list is attached. • I hereby give consent for my dissertation, if accepted, to be available for photocopying and for loan, and for the title and summary to be made available to outside organizations.” Signed: …………………. Date: 20 December 2008 Page 2 of 112 Abstract Success in today’s highly competitive financial sector requires an organization to have a sustainable competitive advantage that would distinguish it from the rest. Products...

Words: 28188 - Pages: 113

Premium Essay

Edphod8

...# 2011 University of South Africa All rights reserved Printed and published by the University of South Africa Muckleneuk, Pretoria EDPHOD8/1/2012Ð2014 98753223 3B2 Karin-mod Style CONTENTS Learning unit PREFACE SECTION 1 A theoretical framework 1 The pastoral role of the educator in South African public schools: a theoretical framework SECTION 2 Practical examples 2 Understanding cultural diversity in my public school classroom 3 The ABC of building schools for an integrated South African society Ð diverse people unite 4 Education for human rights and inclusivity 5 Child abuse: an educator's guide for the Senior Phase and FET 6 HIV/AIDS education at school 7 Educators' pastoral role in their schools and communities: an opportunity to care SECTION 3 Crisis and trauma in adolescence 8 Crisis: the theory 9 The crisis intervener and the person in crisis: prevention, prejudice and the intervener 10 Crisis intervention: general models 11 The skills for ensuring a positive relationship and interview between the crisis intervener and the adolescent in crisis SECTION 4 The religious world of the learner 12 Understanding religious diversity in my school 186 122 136 144 168 16 24 41 57 81 92 Page (iv) 2 EDPHOD8/1/2012±2014 (iii) PREFACE The study material for this module comprises four sections. Section 1: The theoretical framework for the pastoral role of the educator (see learning unit 1) Section 2: Practical examples to illustrate the applied competence of the community...

Words: 100366 - Pages: 402

Premium Essay

Transsctions and Economics

...Transactions and Strategies Economics for Management This page intentionally left blank Transactions and Strategies Economics for Management ROBERT J. MICHAELS Mihaylo College of Business and Economics California State University, Fullerton Australia • Brazil • Japan • Korea • Mexico • Singapore • Spain • United Kingdom • United States Transactions and Strategies: Economics for Management Robert J. Michaels Vice President of Editorial, Business: Jack W. Calhoun Publisher: Joe Sabatino Sr. Acquisitions Editor: Steve Scoble Supervising Developmental Editor: Jennifer Thomas Editorial Assistant: Lena Mortis Sr. Marketing Manager: John Carey Marketing Coordinator: Suellen Ruttkay Marketing Specialist: Betty Jung Content Project Manager: Cliff Kallemeyn Media Editor: Deepak Kumar Sr. Art Director: Michelle Kunkler Frontlist Buyer, Manufacturing: Sandee Milewski Internal Designer: Juli Cook/ Plan-It-Publishing, Inc. Cover Designer: Rose Alcorn Cover Image: © Justin Guariglia/Corbis © 2011 South-Western, Cengage Learning ALL RIGHTS RESERVED. No part of this work covered by the copyright hereon may be reproduced or used in any form or by any means— graphic, electronic, or mechanical, including photocopying, recording, taping, Web distribution, information storage and retrieval systems, or in any other manner—except as may be permitted by the license terms herein. For product information and technology assistance, contact us at Cengage Learning Customer & Sales Support...

Words: 234748 - Pages: 939

Free Essay

Telco Regulation

...Tenth Anniversary Edition Tenth Anniversary Edition TELECOMMUNICATIONS REGULATION HANDBOOK TELECOMMUNICATIONS REGULATION HANDBOOK The Telecommunications Regulation Handbook is essential reading for anyone involved or concerned by the regulation of information and communications markets. In 2010 the Handbook was fully revised and updated to mark its tenth anniversary, in response to the considerable change in technologies and markets over the past 10 years, including the mobile revolution and web 2.0. The Handbook reflects modern developments in the information and communications technology sector and analyzes the regulatory challenges ahead. Designed to be pragmatic, the Handbook provides a clear analysis of the issues and identifies the best regulatory implementation strategies based on global experience. February 2011 – SKU 32489 Edited by Colin Blackman and Lara Srivastava Tenth Anniversary Edition TELECOMMUNICATIONS REGULATION HANDBOOK Edited by Colin Blackman and Lara Srivastava Telecommunications Regulation Handbook Tenth Anniversary Edition Edited by Colin Blackman and Lara Srivastava ©2011 The International Bank for Reconstruction and Development / The World Bank, InfoDev, and The International Telecommunication Union All rights reserved 1 2 3 4 14 13 12 11 This volume is a product of the staff of the International Bank for Reconstruction and Development / The World Bank, InfoDev, and The International Telecommunication...

Words: 132084 - Pages: 529