MHE Du Plessis
CEPS 612
Gemeenskaps Opvoedkundige Sielkunde
Opdrag 2
Gesondheidsbevordering
1
1. INLEIDING
Hoërskool Bergruimte is ‘n publieke skool wat in een van Johannesburg se voorstede geleë is. Hierdie skool ondervind baie uitdagings en probleme. ‘n Volledige gevallestudie sal oor die skool gegee word en vier hoofprobleme wat in die skool gevind word sal verduidelik word. Daarna sal ‘n voorkeur situasie vanuit ‘n gesondheidsbevorderende perspektief verduidelik word en aksiestappe om by die voorkeur situasie uit te kom sal beskryf word.
2. VOLLEDIGE GEVALLESTUDIE
Hoërskool Bergruimte is ‘n publieke hoërskool wat in ‘n voorstad van Johannesburg geleë is.
Dit is ‘n groot skool met sowat 1300 leerders en 80 onderwysers (admin- en ander personeel uitgesluit). Die klasse is klein met ongeveer 13-20 leerders per onderwyser. Onderwysers kan dus aandag aan elke leerder in hulle klas gee. Tog bestaan daar baie probleme en uitdagings in Hoërskool Bergruimte. Die skool was ses jaar gelede nog as een van die top
10 (agtste) skole in Gauteng gesien, maar onder leiding van ‘n nuwe hoof het dinge geleidelik begin agteruitgaan en die skool is nou 32ste in die provinsie. Die probleme en uitdagings wat bespreek sal word kan nie almal aan swak leierskap toegeskryf nie, maar dit dra verseker daartoe by.
‘n Groot probleem in die skool is dat onderwysers onder mekaar baklei en daar word baie agter mekaar se rûe gepraat. Daar is onderwysers wat al meer as 25 jaar by die skool skoolhou en hulle wil nie verandering aanvaar nie. Die bestuur van die skool word dus nog op die ou manier gedoen. Hierdie ouer onderwysers hou ook nie van die nuwe kurrikulum nie en wil nie hulle onderrigstyle aanpas om by die nuwe kurrikulum en die nuwe generasie leerders se behoeftes en manier van leer aan te pas nie. Die jonger onderwysers wil aanpassings maak aan die manier waarop die skool bestuur word, maar die ouer onderwysers wil niks daarvan hoor nie en hulle oortuig die hoof telkens om dinge nie te verander nie. Die ouer onderwysers lewer dikwels kommentaar oor die jonger onderwysers se onderrigstyle. Hulle voel dat die leerders nie mag deelneem in die klas nie en dat klasgesprekke, vraag-en-antwoord, groeptake, ens. heeltemal onvanpas is. Die jonger onderwysers raak omgekrap oor die kommentaar en probeer dan om die ouer onderwysers te laat insien dat dinge moet verander omdat ons in ‘n wêreld lewe wat konstant aan die verander is. Bakleierye breek uit en die hoof tree selde in om die konflik op ‘n gesonde manier op te los. Aan die einde van verlede jaar het 14 jong onderwysers bedank en ander werk aanvaar. Die hele wiskunde-departement van die skool (behalwe die departementshoof wat ‘n ouer onderwyser is) het bedank. Al hierdie poste moes gevul word en die meeste van die poste is weer met jong onderwysers gevul, dus duur die probleem voort. ‘n Oplossing is nie om net ouer onderwysers aan te stel nie, maar die hoof sal sy personeel beter moet
2
beheer. Die konstante verandering van onderwysers het ook ‘n negatiewe effek op die leerders se skoolwerk, want die nuwe onderwyser moet eers te wete kom wat die leerders alreeds weet en die leerders moet aan ‘n nuwe onderwyser gewoond raak en beide hierdie dinge vat tyd.
Taal is ook ‘n groot uitdaging by die skool. Die skool bestaan 65% uit swart (‘n klomp verskillende kulture en tale), kleurling en Chinese leerders en 35% uit blanke leerders
(Engels en Afrikaans). Die onderrigtaal van die skool is Engels, maar dit is nie alle leerders se moedertaal nie. Daar is dus baie leerders wat in hul tweede of selfs derde taal onderrig word. Die onderwysers probeer soms om konsepte en werk in ‘n ander taal (Sotho, Xhosa,
Zoeloe of Afrikaans) wat van die leerders se moedertaal is te verduidelik, maar hulle ken die tale nie só goed dat dit altyd effektief is nie en nie alle onderwysers kan ‘n Afrika-taal of selfs
Afrikaans praat nie. Behalwe vir die onderrigtaal wat ‘n probleem is, is leerders se taalgebruik uiters swak. Baie van die leerders (seuns en dogters) gebruik baie kragwoorde en daar is selfs leerders wat al van die onderwysers gevloek het. Baie van die seuns het veral min respek vir jong vroue onderwysers en vloek hulle openlik voor die klas. Die skool se eerste rugbyspan staan onder die Golden Lions Rugby Union Referees en ander skole bekend as ‘n span wat swak en vuil taal op die rugbyveld gebruik. Die hoof het al met die leerders oor hul swak taalgebruik gepraat, maar hulle neem hom nie ernstig op nie omdat hy altyd net dreig en byna nooit die straf uitvoer nie. Ander uitdagende gedrag soos aggresiwiteit, negatiwiteit,
ongehoorsaamheid,
hiperaktiwiteit,
geen
motivering,
aandagsoekende gedrag en die versteuring van klaskamergebeure vind ook plaas.
Dissipline is ‘n probleem in Hoërskool Bergruimte. Baie leerders het min respek vir hulle onderwysers en ander personeel in die skool. Daar is ook leerders wat ander leerders met geen respek hanteer nie. Leerders oortree reëls, sukkel met self-dissipline en daar is swak sportmanskap onder die sportspanne. Vandalisasie en viktimisasie vind ook gereeld op die skoolterrein plaas. Die skool probeer hierdie probleem aanspreek. Aan die begin van die jaar het die skool met ‘n groentetuin begin en is daar ‘n demeriete sisteem in plek gestel.
Leerders wie hulself wangedra verloor meriete punte en leerders wie hulself gedra kry meriete punte by. Elke onderwyser kan vir ‘n leerder meriete punte aftrek of bysit en die boek waarin elke onderwyser dit doen word Vrydae oggende ingehandig om die punte op die stelsel te verander. Indien 10 meriete punte van ‘n leerder afgetrek word moet hy/sy een
Vrydag middag na skool vir drie ure in die groentetuin gaan werk. Vir sommige leerders het die straf goed gewerk, maar ander doen hulle werk in die groentetuin en hou aan met hulle swak gedrag en dissipline. Die groente word vir ‘n gedeelte vir die skool se voedingskema gebruik, ‘n ander gedeelte gaan na behoeftige gesinne en die res word verkoop om nuwe sade, omheiningsmateriale, waterpype, ens. vir die groentetuin te koop. Leerders wie
3
merietepunte verdien a.g.v. goeie gedrag word met geskenkbewyse (Game vir die seuns en
Mr. Price Home vir die dogters) beloon wanneer hulle 15 merietepunte het. Leeders kan hierdie punte ook laat oorstaan (dan kry hulle nie die geskenkbewys nie) tot die einde van die jaar. Al die name van die leerders met 90 merietepunte of meer word in hoed gegooi en die twee leerders wie se name getrek word wen elkeen ‘n I-pad.
Nog ‘n uitdaging is dat baie leerders uit geskeide huise kom. Baie van die geskeide ouers raak onbetrokke by hulle kinders se skoolwerk en –lewe omdat hulle op hul eie probleme fokus. Hulle wil ook nie hulle kinders te streng dissiplineer nie, want hulle is bang dat die ander ouer dan meer populêr raak by die kinders. Daar is verlede jaar ‘n opname gedoen oor leerders wie baie afwesig is en 80% van die leerders wie baie afwesig is kom uit geskeide huise. Aan die anderkant is daar oorbetrokke ouers wat die skool oor elke insident of probleem bel. Onderwysers voel dat hierdie ouers dikwels in hulle pad staan om goeie onderrig te gee omdat die ouers kommentaar het oor alles. ‘n Klomp van hierdie ouers plaas ook baie druk op hulle kinders – die leerders moet akademies presteer, aan kultuur deelneem en in sport uitblink. Hierdie leerders kla dikwels daaroor, want hulle voel dat hulle onder baie stress geplaas word, maar hulle weet nie wat om daaraan te doen nie.
Onderwysers voel ook dat ouers nie meer waardes vir hulle kinders leer nie. ‘n Rukkie gelede is twee leerders gevang seks hê op die skoolterrein. Die ouers se kommentaar hieroor was bloot dat beide leerders ewe swaar gestraf moet word en dat die skool dit moet hanteer. Daar is vanaf die begin van die jaar vier verkragtingsake by die skool se beraders aangemeld. By die van die vier sake was beide leerders van Hoërskool Bergruimte. Die sake is almal aangemeld by die maatskaplike werker en die polisie en word verder ondersoek. Die slagoffers ontvang berading en verdere sielkundige ondersteuning by die skool. Verder is daar ook per jaar twee of drie swangerskappe. Dit dui dus daarop dat sommige leerders seksueel aktief en seksueel onverantwoordelik is.
Dwelmmisbruik het ook begin kop uitsteek in die skool. Gelukkig is daar goeie maatreëls in plek om leerders wie dwelms misbruik te dissiplineer. Ouers teken aan die begin van die jaar
‘n kontrak met die skool wat sê dat die skool hulle kind vir dwelms mag toets indien daar ‘n vermoede is dat die leerder dwelms misbruik het. Indien die leerder skuldig bevind word, word hy/sy vir twee weke geskors. Daarna moet die leerder en sy/haar ouers/voogde ‘n kontrak teken by die skool se sielkundedepartement. Hierdie departement werk saam met die polisie. Die leerder moet dan vir ses sessies een van die skool se beraders sien. Die berader besluit dan of ses sessies genoeg was of nie. Indien die leerder weer gevang word dat hy/sy dwelms gebruik het word die polisie gebel en hulle hanteer die saak dan verder.
4
Aggressie is ‘n probleem wat aangespreek word, maar wat steeds baie in die skool voorkom.
Daar vind dikwels bakleierye (fisies en verbaal) op die speelgrond plaas waar leerders mekaar aanvat en deur hulle onderskeie vriende aangemoedig word. Soms breek daar dan ook ‘n bakleiery tussen die “ondersteuners” uit. Leerders wie baklei moet ook vir ses sessies na een van die skool se beraders toe gaan vir aggressiebeheer. Die skool het verlede jaar maatreëls in plek gestel om boelie aan te spreek. Daar was ‘n hele bewusmakingsveldtog wat vir die laaste ses maande van verlede jaar in die skool aan die gang was. Leerders kan ook in ‘n boek gaan skryf (anoniem) wanneer en deur wie hulle geboelie is. Hierdie boek is in die skoolsielkundige se kantoor en die leerders wie daarin skryf moet ook ‘n papier onderteken waarop staan dat hulle die waarheid praat. Die skuldige sal dan aangespreek en gedissiplineer word deurdat daar meriete punte afgetrek word en indien hulle meer as twee aangekla word van boelie moet hulle ook een van die beraders gaan sien vir ses sessies.
Daar is dus baie probleme en uitdagings in hierdie skool, maar sommige van die probleme en uitdagings word reeds aangespreek. Die skool het egter ook positiewe aspekte. Soos reeds genoem het die skool ‘n sielkundedepartement. Hierdie departement bestaan uit ‘n opvoedkundige sielkundige, twee beraders en twee remediëringsonderwysers. Daar word sessies gehou met leerders wie hulle wangedra asook met leerders wie emosionele probleme en ondersteuning nodig het. Toetse word gedoen om vas te stel of ‘n leerder bv. ‘n lees-, sig-, gehoor-, of skryfprobleem het en ekstra tyd word aan hierdie leerders toegestaan tydens toetse en eksamens.
Die skool het ‘n voedingskema waar minderbevoorregte leerders een maal per dag ‘n ordentelike bord kos kry. Daar word fondse ingesamel en die skool het ook vaste borge om hierdie voedingskema aan die gang te hou. Leerders wie baatvind by die voedingskema kom dikwels net vir hierdie rede elke dag skool toe.
Hoewel die leerders in die skool verskillende tale praat en uit verskillende kulturele agtergronde kom is die vriendekringe oor die algemeen baie gemeng. Dit is min dat daar bakleierye is a.g.v. rassistiese aanmerkings of optredes.
Die fisiese skoolomgewing is baie goed. Geboue is goed onderhou, ekstra klaskamers is gebou om meer leerders te akkomodeer, die sportvelde is in puik kondisie, sanitasie geriewe is skoon en netjies, alle klaskamers het gordyne om die son uit te hou, daar is goeie beligting in elke klaskamer, alle klaskamers is met swartborde sowel as interaktiewe witborde toegerus, die skoolmediasentrum is goed onderhou, daar is twee siekekamers en die klaskamers, kantore en voorportaal is met goeie meubels toegerus. Die skool het aan die begin van die jaar besluit om een keer per week ‘n verrykingsperiode te hou omdat hulle die nodige fasiliteite daarvoor het. Hierdie periode is 75 minute lank. Leerders kies ses maande
5
watter aktiwiteit hulle wil doen. Daar is sport, gimnastiek, kook en bak, dans, drama, houtwerk, naaldwerk, ontwerp en nog vele meer, Leerders word dus met vaardighede toegerus en gestimuleer om kreatief te dink en ‘n rukkie van skoolwerk te vergeet.
3. DIE HUIDIGE SITUASIE HET VERANDERING NODIG
Die negatiewe aspekte van die huidige situasie kan in vier hoofgroepe verdeel word. Elke hoofgroep sal verduidelik en bespreek word:
3.1. Eksternaliserende Versteurings
Hierdie versteurings is gedragsversteurings waarvan die gedrag na buite gerig is. Die optrede van die kind/addolosent is dus duidelik sigbaar is sy/hy daaglikse funksionering en in verhoudings met ander (Vorster, 2012:528).
Hierdie gedragsversteurings begin gewoonlik al baie vroeg in ‘n individu se lewe:
Tabel 1: Ontwikkeling van gedragsversteurings.
Volwasse Persone
Antisosiale Persoonlikheid
Jeugmisdaad
Addolosente
Gedragsversteurings
Skool Ouderdom
Opposisionele Gedrag
Voorskool
Hiper Aktiwiteit
Baba Jare
Moelike Temperament
Aangepas uit Wenar en Kerig (2006:195).
In
die
bogenoemde
Hoërskool
vind
ons
Opposisioneel
Uitdagende
Gedrag
en
Gedragsversteurings.
Opposisioneel Uitdagende Gedrag kan gedefinieër word as gedrag wat kultureel abnormaal is en van so ‘n intensiteit, gereeldheid of tydperk is dat dit moontlik met optimale leer inmeng, deelname saam met portuurgroep en volwassenes inperk, die veiligheid van die persoon of
van
ander
in
ernstige
gevaar
plaas
en
toegang
tot
gewone
gemeenskapsfasiliteite beperk (Prinsloo & Gasa, 2011:491).
Onderwyser van oral in Suid-Afrika raporteer dat die mees algemene uitdagende gedrag wat hulle in die klaskamer sien as volg is (Prinsloo & Gasa, 2011:492):
6
Aandagsoekende gedrag
Aandagafleibaarheid
Aggressiwiteit
Hardkoppige ongehoorsaamheid en weier om dissipline te aanvaar
Negatiwiteit – weier om te streef na ‘n prestasie en om met ander saam te werk
Depressie
Angstigheid
Tekort aan motivering en belangstelling
Praat uit hulle beurt en karring aan ander leerders
Onvoldoende portuur verhoudings
Gedragsversteuring sluit in dat ‘n individu/bende op ‘n deurlopende basis aanhou om ander mense se regte te oortree. Baie addolesente met Gedragsversteuring is ook verslaaf aan alkohol en ander dwelms (Vorster, 2012:536). Erickson (1998:56) noem dat hierdie addolosente die meeste van die tyd besig is om te probeer om sosiale norme en reëls te verbreek. Hierdie
addolosente
blameer
ander
vir
hulle
optrede
en
weier
om
verantwoordelikheid vir hulle aksies te aanvaar of om enige vorm van berou te toon (Halgin
& Whitbourne, 2003:89). Gedragsversteuring sluit viktimisasie, vandalisasie, aanranding, verkragting, lieg, stokkiesdraai, manipulasie van ander individue en vuurstokery in (Vorster,
2012:537).
Wanneer die besprekings hierbo met die gevallestudie vergelyk word is dit dus duidelik dat beide Opposioneel Uitdagende Gedrag en Gedragversteuring in die skool voorkom.
3.2. Swak leierskap
Die prinsipaal-onderwyser-verhoudings is een van die belangrikste verhoudings in die skool
(Barnett & McCormick, 2004:406). Barth (2006:9) voer aan dat wanneer die prinsipaalonderwyser-verhoudings vol vetroue, omgee, hulpvaardigheid en samewerking is, die res van die verhoudings in die skool dieselfde kwaliteite sal wys. Die leierskap en bestuur van ‘n hoof kan een van twee groepe verhoudings veroorsaak, nl. die in-groep-verhouding en die uit-groep-verhouding (Sias, 2005:377-378). In hierdie skool is daar uit-groep-verhoudings en dit beteken die volgende (Sias, 2005:378): Die tipe verhoudings ‘n “lae-kwaliteit” verhoudings wat deur beperkte interaksie tussen onderwysers gekenmerk word.
Onderwysers probeer ook om liewer die hoof te vermy behalwe indien hulle hom regtig nodig het. Navorsing bewys dat sulke tipe verhoudings die houdings van almal wat by die skool betrokke is (hoof, onderwysers, ouers, leerders) negatief sal beïnvloed. Mense is ook
7
geneig om nie ordentlik met mekaar te kommunikeer nie. SACE (2006) noem dat die hoof as leier almal in die skool op ‘n menslike en gelyke manier moet behandel.
Wat die bestuur van die skool betref is daar nie ’n duidelike aanduiding van wat die hoof moet doen nie. Die verantwoordelikhede en aanspreeklikheid van die hoof moet duidelik gestel word om sodoende goeie bestuur van die skool te verseker (Legotlo, Maaga &
Sebego et al, 2002:116).
Wanneer ons die bespreking met die gevallestudie vergelyk kan ons sien dat daar inderdaad swak leierskap in die betrokke skool is.
3.3. Oorbetrokke en onbetrokke ouers
Soos reeds in die gevallestudie duidelik geword het is daar onbetrokke en oorbetrokke ouers in Hoërskool Bergruimte. Die oorbetrokke ouers se kinders presteer goed en neem deel, maar is onder baie druk van hulle ouers. Die onderbetrokke ouers se kinders is baie afwesig en is gewoonlik leerders wat baie in die moeilikheid is omdat hulle werk nie gedoen is nie en dikwels ook omdat hulle Eksternaliserende Versteurings toon (punt 1). Daar moet egter genoem word dat daar ook oorbetrokke ouers se kinders is wie ook Eksternaliserende
Versteurings toon, asook onderbetrokke ouers se kinders wie regtig hard werk om ‘n sukses te maak van hulle lewens. Die tipe huis waaruit die leerder kom en ‘n ouer se betrokkenheid het ‘n direkte impak op hul kinders se prestasie (Aangepas uit DeGarmo, Forgatch &
Martinez, 1999:1233):
Figuur 1: Ouerbetrokkenheid by die opvoedkundige prestasies.
Gedrag by die skool
Sosio-ekonomiese hulpbronne, Onderrig,
Tipe werk,
Inkomste.
Ouerskapstyl
Dissipline
Probleemoplossing
8
Opvoedkundige prestasie Vaardighede
Aktiwiteite by die huis 3.4. Seksueel onverantwoordelike gedrag
Daar is per jaar twee tot drie gevalle waar meisies van die skool swanger raak. Dit dui daarop dat sommige leerders in die skool seksueel aktief is en waarskynlik seksueel onverantwoordelik optree. Missoula County (2012) noem dat alkohol- en dwelmgebruik, asook groepsdruk en te min kennis oor veilige seks, aanleiding gee tot onveilige seks en dus ook seksueel onverantwoordelike gedrag. Huislike geweld en mishandeling kan ook faktore wees wat bydra tot onveilige seks. Missoula County noem ook dat onveilige seks tot die volgende kan lei:
Volgens ‘n groep dokters van Bangkok se data analise is onveilige seks steeds die hoofrede vir die oordraging en verspreiding van MIV/VIGS (Pattaya Mail, 2011). Health 24 (2009) voer aan dat die volgende sosio-kulturele aspekte ook ‘n rol speel in die verspreiding van
MIV/VIGS:
Geslagsongelykheid en mans wat dominerend is.
Geweld en seksuele geweld.
Politieke oorgang en die nalatenskap van apartheid.
Stigma en diskriminasie.
Armoede.
Kommersialisering van seks.
Tekort aan kennis en miskonsepsies oor MIV/VIGS
Kulturele oortuigings en gebruike.
Deesdae is dit nie ongewoon om voorhuwelikse seks te hê nie, maar tieners moet ingelig word van die gevare van voorhuwelikse seks, asook oor waarom dit baie beter is om daarmee te wag totdat jy getroud is. Baie tienermeisies kom ook nie weer terug skool toe nadat hulle die baba gehad het nie (Missoula County:2012). Die skool moet hierdie probleem aanspreek voordat dit handuit ruk.
Uit die bogenoemde besprekings kan ons dus sien dat die skool sekere situasies dringend moet aanspreek
voordat
hulle
huidige
situasie
gesondheidsbevorderende situasie.
9
sal
verander
na
die
voorkeur,
4. DIE VOORKEUR SITUASIE
Die voorkeur situasie op ‘n gesondheidsbevorderende perspektief gegrond. Die fokus van die verandering moet dus wees om die skool ‘n gesondheidsbevorderende skool te laat word. Wat beteken “gesondheidsbevorderend”?
In 1986 is die eerste Internasionale Konferensie oor Gesondheidsbevordering in Ottawa gehou waaruit die Ottowa Charter for Health Promotion onstaan het. Die konferensie is hoofsaaklik gehou
as
‘n
antwoord
op
die
verwagtinge
vir
‘n
nuwe
publieke
gesondheidsbeweging regoor die wêreld (Ottowa Charter for Health Promotion, 1986).
Gesondheidsbevordering in dié handves behels die volgende: Dit is ‘n proses om mense instaat te stel om beheer oor hulle gesondheid uit te voer, asook om hulle gesondheid te verbeter. Om totale fisiese, verstandelike en sosiale welstand te bereik moet ‘n individu/groep hul aspirasies identifiseer en bereik, in hul behoeftes voorsien en verander om by die omgewing aan te pas. Volgens hierdie handves is die volgende punte fundamentele kondisies en hulpbronne vir gesondheid (Ottowa Charter for Health
Promotion, 1986):
Vrede
Skuiling
Onderwys
Kos
Inkomste
‘n Stabiele ekosisteem
Sosiale geregtigheid en gelykheid
Die Ottowa Charter for Health Promotion is deur die World Health Organisation (WHO) voorgestel. In 1995 het die WHO die dokument WHO’s Global School Health Initiative bekendgestel. Die doel van die dokment is om gesondheidsbevordering en onderrigaktiwiteite op plaaslike, nasionale en globale vlakke te mobiliseer en te versterk (WHO,
1998). Volgens hierdie inisiatief sluit die ‘n gesondheidsbevorderende skool die volgende in:
Strewe daarna om die gesondheid van die skool se personeel, families, gemeenskapslede en leerders te verbeter.
Bevorder gesondheid en leer op alle moontlike beskikbare maniere.
Sorg dat gesondheids- en onderwysbeamptes saam met onderwysers, leerders, ouers en die gemeenskapsleiers werk om die skool ‘n gesonde plek te maak.
Strewe daarna om ‘n gesonde omgewing, skoolgesondheids-onderrig en –dienste, tesame met skool/gemeenskapsprojekte en uitreike, gesondeheidsbevorderende programme, geleenthede vir fisiese onderwys en rekreasie en programme vir berading, sosiale ondersteuning en verstandelike gesondheidsbevordering, te bied.
10
Implementeer beleide en praktyke wat ‘n individu se self-esteem respekteer, meerdere geleenthede vir sukses skep en wat moeite, goeie intensies en persoonlike prestasies beloon.
Volgens die WHO (2013) fokus gesondheidsbevorderende skole op die volgende aspekte in:
Omgee vir jouself en vir ander.
Maak gesonde besluite en neem beheer oor die lewe se omstandighede.
Skep kondisies wat bevordelik is vir gesondheid (deur beleide, dienste, fisiese/sosiale kondisies).
Bou ‘n kapasiteit vir vrede, skuiling, onderwys, kos, inkomste, ‘n stabiele ekosisteem en sosiale geregtigheid en gelykheid.
Voorkoming van oorsake van dood, siekte en ongeskiktheid: Helminths, gebruik van tabak, MIV/VIGS, sittede leefstyl, dwelm en alcohol, geweld en beserings en ongesonde voeding.
Bevordering van gedrag wat met gesondheid verband hou: kennis, oortuigings, vaardighede, houdings, waardes en ondersteuning.
‘n Gesondheidsbevorderende skool is ‘n plek waar al die lede van die skoolgemeenskap saam werk, leer, leef en speel om sodoende die gesondheid en welstand van alle leerders, personeel, ouers en die weier gemeenskap te verbeter. Gesondheidsbevordering is nie ‘n las nie, dit is juis ‘n meer effektiewe manier om oplossings te vind vir gesondheidsprobleme binne die skool (KwaZulu-Natal Department of Health, 2001).
Daar
is verskeie rolspelers
en hulpbronne wat
almal moet
saamwerk
om
‘n
gesondheidbevorderende skool te skep waar almal se welstand belangrik geag word (Health
Promoting Schools, 2012):
Figuur 2: Skoolgemeenskap
11
Queensland Health (2013) ondersteun die bostaande figuur (Figuur 3) deur te sê dat al drie die komponente
(soos
gesondheidsbevorderende
in
Figuur
skool
te
3) kan ten
volle
skep.
moet
Hulle
saamwerk noem ook
om
‘n
dat
‘n
gesondheidsbevorderende skool op só ‘n manier te werk gaan dat die hele skool hulself verbind tot die verbetering en beskerming van die welstand van die skoolgemeenskap. So ‘n skool kan die gedefinieër word deur die aanwesigheid van spesiale projekte, onderrig aktiwiteite of spesiale fisiese kenmerke nie, want ‘n gesondheidsbevorderende skool is nie ‘n program met ‘n begin en ‘n einde nie – dit is eerder ‘n “leefstyl” in die skool.
‘n Gesondheidsbevorderende skool is dus ‘n plek waar almal veilig voel en gesondheid
(soos dit in die bostaande gedeeltes verduidelik is) bevorder word om sodoende optimale leer, omgee en deelname te verseker. Hoërskool Bergruimte moet baie veranderinge aanbring voordat dit as ‘n gesondheidsbevorderende skool gesien kan word. Aksiestappe sal in plek gestel en uitgevoer word om die huidige situasie in Hoërskool Bergruimte te verander na die voorkeur situasie.
5. AKSIESTAPPE VIR HOëRSKOOL BERGRUIMTE
5.1 Eksternaliserende Versteurings
Eerstens moet daar genoem word dat dit vir onderwysers nie altyd maklik is om Opposioneel
Uitdagende Gedrag en Gedragsversteurings te hanteer nie. Die skool se sielkunde departement moet die onderwysers bystaan en raadgee oor hoe om sekere situasies met leerders wat hierdie versteurings toon, te hanteer. Dit is altyd goed om iemand van buite ook te kry om raad te gee. Die plan is dus as volg: ‘n Eksterne sielkundige en die skool se sielkunde departement werk saam om opleidingsessies vir die onderwysers saam te stel.
Die hoof sal ook gevra word om aanwesig te wees by hierdie sessie. Hierdie opleidingsessies sal twee keer per kwartaal (agt keer per jaar) plaasvind:
Opleidingsessies 1 & 2: Algemene inligting rakende Eksternaliserende Versteurings en onderwysers noem praktiese voorbeelde waarop en waarvoor daar antwoorde en raad vir hantering gegee word. Onderwysers kan ook met die hoof praat en saam met hom besluit hoe om hierdie gedrag die beste te hanteer en die leerders te dissiplineer.
Opleidingsessies 3 – 8: Onderwysers gee twee weke voordat hierdie sessies plaasvind praktiese voorbeelde (gedrag wat hulle in die klaskamer gesien het, ens.) in by die sielkunde departement. Die eksterne sielkundige en die sielkunde departement van die skool werk dan saam om die beste moontlike raad en oplossings vir die onderwysers te gee. Onderwysers neem ook deel aan hierdie sessies deur vir mekaar raad te gee.
12
Strenger maatreëls rakende dissipline moet in plek gestel word. Ouers en leerders kan ‘n kontrak teken waarin al die dissiplinerings-stappe uiteen gesit word. Sodoende weet leerders ook presies wat gaan gebeur wanneer hulle reëls oortree en hulself swak gedra. Die volgende basieses inligting kan aan onderwysers gegee word in hierdie opleidingsessies:
Prinsloo & Gasa (2011:498) noem dat ‘n klaskamer veerkragtig moet wees om sodoende hierdie versteurings on beheer te bring. In ‘n veerkragtige klaskamer doen die onderwyser die volgende (Johnson, 2008:395):
Die onderwyser het hoë verwagtinge van die leerders.
Hierdie verwagtinge moet op ‘n gereelde basis aan die leerders gekommunikeer word.
Leerders se gedrag moet konstant gemonitor word.
Die verantwoordelikheid vir leerders se gedrag moet met die hoof en adjunk-hoof gedeel word.
Hulle moet huis-skool omstandighede in ag neem deur ouers/voogde op die hoogte te hou van hulle kind/kinders se gedrag by die skool.
Hulle moet leerders betrek deur aktief na hulle bekommernisse te luister.
Hulle moet hul mag as volwassenes en onderwysers aktief gebruik om boelie en pestery in die skool te identifiseer en aan te spreek.
Hier is ‘n paar wenke om steurende en moeilike leerders te hanteer (Oosthuizen, 2006:1214):
Ignoreer die leerder se optrede en gedrag.
Gee kort en duidelike instruksies indien die leerder regtig baie steurend raak.
Herinner die leerder aan die reëls.
Wees konsekwent met die dissiplineer van swak gedrag.
Vermy onnodige argumente.
Gebruik ander persone wie ook by die opvoeding van die kind betrokke is as ondersteuning. Wanneer alle leerders veilig voel om te leer en elke leerder gewillig is om op ‘n positiewe wyse aan die klaskamer gebeure deel te neem sal dit help om die gesondheidbevorderende instelling ‘n werklikheid te maak.
13
5.2 Swak leierskap
Om hierdie struikelblok aan te spreek moet daar versigtig te werke gegaan word. Die onderwysers en adjunkhoof kan ‘n brief aan die hoof skryf en almal onderteken waarin hulle vra of daar leierskap-opleiding by die skool kan plaasvind. Dit kan ook in ‘n vergadering met die hoof bespreek word. Die hoof en sy adjunk, bestuurspan en die res van die personeel sal almal deelneem en baat vind by die opleiding – dit sal ook so aan die hoof verduidelik word.
Wanneer die hoof instem tot hierdie opleiding sal die dienste van Themba Thandeka
Leadership Institute of TTLI (2012) gebruik word. Die TTLI span sal die volgende doen
(TTLI, 2012):
Hulle sal die skool besoek en ‘n gevallestudie van die skool se leierskap, organisasie en bestuur opstel.
Daar sal een-tot-een sessies met die hoof gehou word waar daar aan sy leierskapvaardighede en konflik- en dissipline-hantering gewerk sal word.
Daar sal ook sessies met die hoof en adjunkhoof saam gehou word waar kommunikasie tussen hulle aangemoedig en verbeter sal word. Hulle (die hoof en adjunkhoof) sal vir mekaar moet sê wat elkeen se rol is en watter ondersteuning hulle van mekaar verwag.
Sessies met die hoof en sy adjunk en die skool se bestuurspan sal ook gehou word.
Die bestuurspan sal hulle siening oor die probleme in leierskap lig en die hele groep kan saam besluit hoe dinge hanteer moet word en wie vir wat verantwoordelik is. Die
TTLI span is opgelei in konflikhantering, dus hulle sal enige konfliksituasie wat hier mag uitbreek vinnig ontlont.
Die skool se hele personeelgroep sal drie sessies bywoon:
Sessie 1: Probleme word uitgelig.
Sessie 2: Die hoof en adjunkhoof spreek die personeel toe, met ondersteuning van die TTLI span, oor die veranderinge in leierskap en die nuwe rolle en verantwoordelikhede word verduidelik.
Sessie 3: Die onderwysers word basiese leierskapvaardighede aangeleer wat hulle in die klas kan toepas.
Die TTLI span beskik oor ‘n sielkundige indien die hoof of enige ander personeellid voel dat hulle “debriefing” nodig het na ‘n sessie. Die hele proses duur een jaar sodat daar seker gemaak word dat alle probleme aangespreek word en dat die nuwe planne reg geïmplementeer word. Indien hierdie program suksesvol is sal die oderwysers meer gelukkig voel in hulle werkplek deudat die hoof sal sy pligte nakom. Dit dra by tot die vorming van ‘n gesondheidsbevorderende skool.
14
5.3 Oorbetrokke en onbetrokke ouers
Daar bestaan geen twyfel dat dit uiters belangrik is dat ouers by die skool betrokke is.
Daarom is dit belangrik dat ‘n ons-benadering tussen die ouers en onderwysers gevestig moet word. Dikwels neem die onderwyser aan dat die ouer die oorsaak is van die kind se gedrag en neem hulle ‘n negatiewe houding in teenoor die ouers en dit lei tot onproduktiewe gevolge (Oosthuizen, 2006:71). In hierdie skool moet daar dus aan die ons-benadring tussen ouers en onderwysers gewerk word om sodoende gesondheidsbevordering en kommunikasie te verbeter.
Volgens Fitzgerald (2013) “handicap” oorbetrokke ouers hulle kinders omdat hulle hul kinders se aktiwiteite en lewens probeer mikro-bestuur. Onbetrokke ouers se kinders voel dat hulle nie belangstel nie en doen dus nie moeite met hul werk nie. Stevenson (2011) het wenke vir afrigters geskryf oor hoe hulle oorbetrokke ouers langs die sportveld en by afrigtingsessies kan hanteer. Hierdie wenke kan ook op toepassing gemaak word van oorbetrokke, asook onbetrokke ouers in die klaskamer (Stevenson, 2011):
Skryf
jou
onderrigfilosofie
en
–styl
neer,
asook
skoolbeleide
wat
oor
ouerbetrokkenheid handel. Lê ook klem op die feit dat ouers respek moet toon vir dit wat die onderwyser in die klas doen.
Maak dit duidelik dat jy sterk voel oor waardes en etiek, asook dat jy hoë verwagtinge het van elke leerder in jou klas.
Stel dit duidelik dat jy ‘n visie en missie het vir wat jy daardie jaar met die leerders wil bereik. Moedig ouers aan om hulle kinders op ‘n gesonde manier te help om hierdie doelwitte te bereik, sonder om die kinde se lewe en werk te probeer oorneem.
Hou die kommunikasielyne te alle tye oop! Wees toeganklik en verseker ouers aan die begin van die jaar dat jy sal luister na wat hulle op die hart het. Maak dit egter duidelik dat jy die finale besluit het oor enige veranderinge, ens. wat ‘n ouer dalk mag voel jy moet in die klaskamer aanbring.
Indien elke onderwyser aan die begin van elke jaar ‘n brief met al hierdie inligting aan elke ouer gee sal die onderwyser hulle vertroue reeds ‘n klein bietjie wen. Die onderwyser moet dan hou by wat in die brief staan en altyd oop wees om met ouers te gesels en hulle deur die jaar raad te gee. Vergaderings kan met onbetrokke ouers gehou word om hulle presies in te lig oor hulle kinders se gedrag en prestasie by die skool. Positiewe nuus moet ook aan ouers gekommunikeer word, veral onbetrokke ouers, om hulle sodoende ‘n meer positiewe gevoel te gee teenoor die skool, die onderwyser en dit wat in die klaskamer gebeur. Hierdie
15
proses kan met sommige ouers heel jaar neem, maar dit maak die werk van die volgende onderwyser dalk weer makliker. So help onderwysers dus die ouers, hul kinder en mekaar.
‘n Gesondheidsbevorderende omgewing sal dus geskep word.
5.4 Seksueel onverantwoordelike gedrag
Ouers is dikwels te bang of te ongemaklik om seksualiteit met hulle kinders te bespreek.
Baie ouers probeer om hulle kinders so min as moontlik aan seksuele beelde, ens. op die
TV, Internet, ens. bloor te stel, maar hulle kan nie alles beheer wat hulle kinders doen wanneer hulle byvoorbeeld by vriende kuier en na partytjies toe gaan nie. Skole het ‘n groot verantwoordelikheid en rol om te speel in die vorming van leerders se gedrag – ook wanneer dit by seks kom. Dit is ook nie net die LO en Lewenswetenskappe onderwysers wat met leerders hieroor moet praat nie – elke onderwyser moet met hul klas oor gesonde seksuele gedrag praat indien die situasie homself daartoe verleen. Die volgende inligting kom nie uit
‘n spesifieke bron nie, maar dit is dinge wat gedoen is in die hoërskool waar ek self skool gegaan het:
Morele waardes moet aan leerders geleer word en daar moet oor hierdie waardes gepraat word om die belangrikheid daarvan te beklemtoon.
Die hospitaal se krisissentrum kan besoek word (een kla op ‘n slag) waar die nodige stappe verduidelik word wat leerders moet doen indien hulle verkrag is. Elke stap wat gevolg word moet verduidelik word.
‘n Dokter of verpleegster kan na die skool toe kom en die meisies toespreek oor die newe-effekte en gevare wat die sogenaamde “morning-after” pil inhou.
In Graad 11 kan daar ‘n dvd wat oor aborsie gaan aan leerders gewys word. Die proses moet voor die tyd aan die leerders verduidelik word en die skool se beraders moet gereed wees om met leerders te gesels oor dit wat hulle dalk geskok of ontstel het.
‘n Praatjie met statistiese aanduidings oor tienerswangerskappe, skool verlaat a.g.v. swangerskap, inligting oor die koste van swangerskap en die versorging van die baba en kind, emosionele gereedheid, ens. kan vir leerders gehou word.
Vrouens (en mans) wie self baba’s geahd het toe hulle nog op skool/ongetroud was kan met die leerders kom gesels oor hoe moeilik dit is om met alles te “cope” op so ‘n jong ouderdom.
Indien leerders ingelig word oor seksueel verantwoordelike gedrag en die gevolge wat seksueel onverantwoordelike gedrag inhou sal van hulle hul gedrag verander en aanpas by wat die
beste
en
verstandigste
is
vir
16
hulle.
Sodoende
word
daar
ook
‘n
gesondheidsbevorderende omgewing geskep deurdat leerders ingelig word en hopelik gesonde seksuele besluite sal neem.
6. SAMEVATTING
Hoërskool Bergruimte kan ‘n gesondheidbevorderende skool word. Hulle het reeds self sekere maatreëls in plek gestel om dwelmmisbruik, boelie, ens. aan te spreek. Indien hulle die aksiestappe, soos hierbo uiteen gesit, volg sal hulle ‘n gesondheidbevorderende en veilige omgewing skep waar elke ouer, leerder en personeellid gelukkig kan voel en kan saamwerk en sodoende vir leerders ‘n goeie opvoeding en skoolloopbaan kan bied.
17
7. BIBLIOGRAFIE
Barnett, K., & McCormick, J. 2004. Leadership and the Individual Principal-Teacher
Relationships in Schools. Education Administration Quarterly, 40(3):406-434.
Barth, R.S. 2006. Relationships within the Schoolhouse. Educational Leadership, 63(6):8-13.
DeGarmo, D.S., Forgatch, M.S., & Martinez, C.R. 1999. Parenting of divorced mothers as a link between social status and boys’ academic outcomes: Unpacking the effects of socioeconomic status. Child Development, 70(5):1231-1245.
Erickson, M.T. 1998. Behaviour disorders in children and adolescents: Assessment, etiology and intervention. Upper Saddle River: Prentice Hall.
Fitzgerald, E. 2013. Over-involved parents handicap, not help, their kids. Available from: http://www.newstimes.com/news/article/Eileen-FitzGerald-Over-involved-parents4314232.php#ixzz2RCba7M8s Date of access: 23 April 2013.
Halgin, R.P., & Whitbourne, S.K. 2003. Abnormal Psychology: Clinical perspectives on psychological disorders. New York: McGraw-Hill.
Health
24.
2009.
Sociocultural
aspects
of
HIV/Aids.
Available
from:
http://www.health24.com/Medical/HIV-AIDS/The-South-African-culture/Socioculturalaspects-of-HIVAIDS-20120721 Date of access: 22 April 2013.
Healyh
Promoting
Schools.
2012.
Available
from:
http://www.google.co.za/imgres?imgurl=http://www.healthpromotion.cywhs.sa.gov.au/library/wholesch oolapproach.jpg&imgrefurl=http://www.healthpromotion.cywhs.sa.gov.au/content.aspx?p%3D154&h= 334&w=369&sz=13&tbnid=JMowB3njscPd7M:&tbnh=90&tbnw=99&zoom=1&usg=__8q9hznaejQDqH
4YgoxkJWzb99TE=&docid=qVEGAkDkJCXKkM&sa=X&ei=HXB2UZDJEIaY0AWDw4CgCA&ved=0C
F0Q9QEwBg&dur=703 Date of access: 23 April 2013.
Johnson, B. 2008. Teacher-student relationships which promote resilience in school: a micro-level analysis of students’ views. British Journal of Guidance and Counselling,
36(4):385-398.
KwaZulu-Natal Department of Health. 2001. The Health Promoting School. Available from: http://www.kznhealth.gov.za/hps.htm Date of access: 23 April 2013.
Legotlo, M.W., Maaga, M.P., Sebego, M.G., Van der Westhuizen, P.C., Mosoge, M.J.,
Nieuwoudt, H.D., & Steyn, H.J. 2002. Perceptions of stakeholders on causes of poor
18
performance in Grade 12 in a province in South Africa. South African Journal of Education,
22(2):113-118.
Missoula County. 2012. Missoula Measures – Sexual Behaviour. Available from: http://www.co.missoula.mt.us/measures/PhysicalMentalHealth/SexualBehavior.htm Date of access: 22 April 2013.
Oosthuizen, I.J. 2006. Praktiese Wenke Vir Leerderdissipline. Pretoria: Van Schaik
Uitgewers.
Ottowa Charter for Health Promotion. 1986. First International Conference on Health
Promotion. Ottowa.
Pattaya Mail. 2011. Unsafe sex is still the main cause of HIV/AIDS. Available from: http://www.pattayamail.com/news/unsafe-sex-is-still-the-main-cause-of-hiv-aids-5339 Date
of access: 22 April 2013.
Prinsloo, E., & Gasa, V. 2011. Addressing challenging behaviour in the classroom. (In
Landsberg, E. ed. Addressing Barriers To Learning: A South African Perspective. Pretoria:
Van Schaik Publishers. p. 489-507).
Queensland Health. 2013. Booklet 1: What’s it all about? An Introduction. Available from: http://www.health.qld.gov.au/healthyschools/documents/29330.pfd Date of access: 23 April
2013.
Sias, P. 2005. Workplace Relationship Quality and Employee Information Experiences.
Communication Studies, 56(4):375-395.
South African Council for Educators. 2006. The Code of Professional Ethics. Pretoria:
SACE.
Stevenson, R. 2011. Coaching Tech: How to deal with Over-Involved Parents. Available from: http://www.runblogrun.com/2011/03/coaching-tech-how-to-deal-with-over-involvedparents-by-roy-stevenson-note-by-larry-eder.html Date of access: 24 April 2013.
Themba Thandeka Leadership Institute. 2012. Available from: www.ttli.co.za Date of access:
24 April 2013.
Vorster, A. 2012. Developmental Psychopathology. (In Burke, A. ed. Abnormal Psychology:
A South African Perspective. Cape Town: Oxford University Press Southern Africa. p. 512559).
19
Wenar, C., & Kerig. P. 2006. Developmental Psychology: From infancy to adolescence. New
York: McGraw-Hill.
World Health Organisation. 1998. WHO’s Global School Health Initiative. Switserland:
Geneva.
World Health Organisation. 2013. What is a health promoting school? Available from: http://www.who.int/school_youth_health/gshi/hps/en/ Date of access: 23 April 2013.